Resep deur Rediscover Dairy
BESTANDDELE:
– ‘n medium grootte houer gewone (ongegeurde) dubbelroom jogurt (500ml)
– ‘n handvol druiwe – in dun skywe gesny
– 2 Kiwi’s in dun skyfies gesny of gebruik ‘n klein koekiedrukker om vorms uit te druk vir pret
– neute van jou keuse – grof gekap
– ekstra heuning – opsioneel
METODE:
1. Bedek ‘n bakplaat met kleefwerende bakpapier en skep die jogurt daarop. Smeer dit met ‘n spatel of houtlepel uit om ‘n medium- tot dun laag te vorm.
2. Plaas enige bestanddele waarvoor jy lus het, bo-op. Sprinkel hulle oor die jogurtlaag. Drup ‘n bietjie heuning oor die laag.
3. Plaas dit vir ten minste 3 ure of oornag in die vrieskas.
4. Sodra die jogurt solied gevries is, haal dit uit die vrieskas en breek dit op in stukke voor jy dit op ‘n bedienbord plaas.
Bedien dadelik.
Lees ook: Dadelballetjies