Gooi 60 ml (¼ k) water oor die gelatien en laat spons vir 5 min.
Kook die pynappel, water en suiker vir 5 min. Haal van die hitte af en roer die gesponste gelatien by tot opgelos. Laat afkoel.
Meng die ertjies, seldery en asyn deur die pynappel. Geur na smaak.
Sny die eiers in ringe en pak onder in die vorm. Skep die res van die mengsel versigtig bo-op sodat die eiers onder bly. Laat stol vir 3 uur of oornag.