kategorieë: Gesondheid

Gevare aan kosmetiese kontaklense

Kontaklense om jou sig te korrigeer het baie mense bevry van brille, maar kontaklense wat jou oogkleur kan verander, is bloot kosmeties sonder dat dit jou sig verander. Heelparty volwassenes gebruik dit om blou en groen oë feller te laat vertoon. Tog is die meeste gebruikers tieners en studente wat van vreemde kleure tot bizarre dier-oë en prentjies dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Drie tieners van Kaapstad het vroeër die jaar die sig in hul een oog verloor weens die onoordeelkundige gebruik van kosmetiese kontaklense

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gebruik van enige kontaklense verhoog jou risiko vir bakteriese infeksie en dit kom veral meer algemeen by geleentheidsgebruikers voor. Hoewel daar nie meer risiko’s aan kosmetiese kontaklense as gewone korrektiewe kontaklense is nie, lê die gevaar daarin dat tieners dit as modebykomstighede sien en nie noodwendig hul oë laat toets vir ’n korrekte passing nie en ook nie die streng higiëniese riglyne volg wat die veilige gebruik van kontaklense verseker nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak ’n afspraak

Kosmetiese kontaklense kan by oogkundiges gekoop word teen ongeveer R280 per paar vir gekleurdes en R450 per paar vir lense met prentjies of  ’n zombie-voorkoms. Volgens oogkundiges mag kosmetiese kontaklense nie sonder ’n afspraak met ’n oogkundige verkoop word nie, maar omdat so ’n afspraak ongeveer R250 kos, kom kinders met allerhande slenters vorendag om geld te spaar en die afspraak te systap. Daar is ook verskeie webwerwe op die internet waar jy kosmetiese kontaklense kan bestel sonder dat enige haan daarna kraai. In Japan en Korea is kosmetiese lense wat die buiterand van jou iris vergroot baie gewild. Bietjie soos die karakters in animasies met pieringoë.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Probleme

Die algemeenste probleme wat gebruikers van enige kontaklense ervaar, is allergiëe vir die skoonmaakvloeistof, slegte passing en swak versorging wat tot infeksies kan lei. Hoewel die newe effekte meestal nie meer as irritasie en ongemak veroorsaak nie, kan ernstige infeksies soos bakteriese keratitis die kornea beskadig en soms tot permanente skade en blindheid lei wat net met ’n kornea-oorplanting herstel kan word.

Hou dit skoon

Omdat korrektiewe kontaklense gepaard gaan met ’n voorskrif, sal ’n gebruiker altyd die oogkundige moet sien sodat sy oë getoets kan word asook ’n passing om te sien of die vorm van die lens die oog pas, ens. Hier sal die oogkundige ook benadruk hoe belangrik dit is dat die korrekte versorging te volg om ooginfeksies en irritasies te verhoed.

Dít kan gebeur

Die Suid-Afrikaanse Mediese Joernaal van Januarie 2010 berig oor drie tieners by die Grootte Schuur Hospitaal in Kaapstad wat permanente skade aan hul korneas weens hierdie infeksie opgedoen het en al drie is nou blind in die aangetasde oog.

Al drie tieners het die kosmetiese kontaklense by geregistreerde oogkundiges gekoop sonder om ’n afspraak vir ’n toets te maak of enige instruksies ten opsigte van versorging en skoonmaak te kry. Hierdie inligting is aan twee van hulle aangebied, maar hulle wou nie die koste van ’n afspraak aangaan nie. Die 19jarige seun het na net ’n week se gebruik met pyn, rooiheid en swak sig in sy linkeroog gesukkel. Hy het mediese hulp gekry en behandeling het die bakteriese infeksie opgeklaar. Ongelukkig het littekens reeds op die kornea gevorm (scarring of the cornea) wat sy sig permanent beskadig het. Dieselfde het ook binne ’n week se gebruik met ’n meisie na 14 gebeur met die gepaardgaande permanente skade. ’n Seun van 16 het na ’n jaar se onderbroke gebruik ook met dieselfde simptome gesukkel en ten spyte van mediese hulp permanente skade aan sy kornea gekry.

Wat is belangrik?

Kosmetiese kontaklense is heeltemal veilig as die gebruiker ’n afspraak by ’n oogkundige maak sodat die korrekte prosedures gevolg word om te verseker dat kontaklense geskik is vir sy oë asook instruksies kry oor die versorging en storing van die lense. As jou oë onder enige omstandighede rooi en seer raak, moet jy dadelik mediese hulp soek.

Moenie

-jou kosmetiese kontaklense uitleen of iemand anders s’n gebruik nie
-die skoonmaakoplossing verdun, hergebruik of na die vervaldatum gebruik nie
-kortpaaie kies met die skoonmaak nie. Dis uiters belangrik
-lense langer gebruik as wat die voorskrifte is nie
-daarmee slaap nie
-kontaklense dra sonder ‘n toets en passing by ’n oogkundige nie
-onoordeelkundig swaar grimering gebruik soos vir Allerheiligeaandpartytjies (Halloween) nie. Oogomlyner kan onder die kontaklens inkom en jou oog beskadig

Onthou, jy het net twee oë, so maak seker dat jy mooi na hulle kyk.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

4 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.