Indonesiese rendang-kerrie met geurige speseryrys deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabie. Foto: Charles Russell
Indonesiese rendang-kerrie met geurige speseryrys
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 1,5 kg beesvleis geskik vir bredie (dikrib “chuck” is die beste)
- • sout
- • 45 ml (3 e) olyfolie
- Speserymengsel:
- • 1 x 400 ml-blikkie klapperroom
- • 3 sitroengrasstingels, gekap en gekneus
- • 1 ui, geskil en gekap
- • 2 brandrissies, fyngekap
- • 4 knoffelhuisies, geskil en gekap
- • 5 cm gemmer, geskil en gerasper
- • 15 ml (1 e) tamarynpasta (haal enige pitte uit)
- • 15 ml (1 e) bruinsuiker
- • 20 ml (4 t) sojasous
- • 5 ml (1 t) borrie
- • 15 ml (1 e) fyn koljander
- • 7,5 ml (1½ t) fyn komyn
- • 7,5 ml (1½ t) fyn kaneel
- • 7,5 ml (1½ t) sout
- • knypie fyn neutmuskaat
- • knypie fyn naeltjies
- • 2 ster-anyspeule
- • 45 ml (3 e) olyfolie
- Geurige rys:
- • 250 ml (1 k) basmatirys
- • 30 ml (2 e) olyfolie
- • 1 ui, geskil en fyngekap
- • 2 heel naeltjies
- • 1 kardemompeul
- • 1 kaneelstokkie
- • 2 stukkies foelie (mace)
- • 1 lourierblaar
- • 15 ml (1 e) komynsaad
- • 500 ml water
- • 7,5 ml (1½ t) sout
Instructions
- Geur die vleis met sout en verhit die olie in ’n swaarboom-kastrol. Braai die vleis daarin tot alkant bruin, haal uit en hou eenkant.
- Verwerk al die bestanddele vir die speserymengsel - behalwe die steranyspeule en olie - in ’n voedselverwerker tot glad.
- Verhit die olie in dieselfde kastrol waarin die vleis gebraai is. Voeg die speserymengsel en die steranys by en braai vir 7-10 min. tot geurig.
- Skep die vleis by die sous en laat saggies prut vir 2 uur of tot die vleis sag en gaar is.
Geurige rys:
- Verhit die olie in ’n middelslag-kastrol en braai die ui daarin tot sag en deurskynend.
- Gooi die speserye by en braai vir 3-4 min. tot geurig. Voeg die rys by en roer deur die olie sodat dit goed bedek is.
- Voeg die water by en bring tot by kookpunt. Stel die hitte op die laagste verstelling sodra dit begin borrel en laat prut saggies vir 20 min. of tot die rys drooggekook het.
Zoe Salzwedel
Lees Meer
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025
Hoender-en-kekerertjie-kerrie
15/01/2025