1 e (15 ml) fyngekapte vars gemmer en fyngekapte knoffel
4 grasuie, ruweg gekap
1 t (5 ml) gekapte brandrissies
¼ k ongesoute geroosterde kasjoeneute
500 g ontbeende hoenderdye (koop so by die supermark)
¼ k (60 ml) sjerrie
3 e (45 ml) sojasous
4 ontpitte dadels gesny
sap van een lemmetjie
2 hande vol fyngekapte vars koljanderblare
Instructions
Geurige hoender
Verhit die olie en botter in ’n groot pan oor matige hitte. Geur die hoender met sout en verbruin alkant tot goudkleurig. Skep uit en hou eenkant.
Braai die gemmer, knoffel, grasuie en brandrissie vir 2 min. of tot die knoffel goudkleurig is.
Voeg die kasjoeneute en hoender by en braai vir 5 min.
Voeg die sjerrie, sojasous, dadels en lemmetjiesap by en laat die mengsel vir sowat 7 min. prut tot die sous afgekook is en die hoender gaar is.
Roer die vars koljander by en laat afkoel voor jy die gereg in ’n digsluitende houer bêre.
Geurige roerbraairys
Genoeg vir 500 ml (2 middagetes)
• Verhit 2 e (30 ml) olyfolie in ’n pan oor matige hitte. • Braai 1 klein fyngekapte ui en 1 fyngekapte jalapeno-rissie vir 2 min daarin. Voeg 100 g fyngekapte chorizo by en braai vir 2 min. tot gaar. • Voeg 1 k (250 ml) gaar bruinrys by. Laat die rys vir 5 min. braai sonder om te roer. • Voeg ’n hand vol groen groente, soos babaspinasie en gesnyde mange tout by. Braai vir sowat 5 min. • Voeg 1 k (250 ml) van die hoender (*sien resep bo) by. Voeg 2 liggies geklitste eiers by en roer tot gaar. • Geur met die sap van een lemmetjie en sout en swartpeper.