Giet warm water oor die noedels, bedek en laat vir 15 min. staan of tot die noedels sag is. Dreineer. Verhit die grondboontjieolie in ’n braaipan of wok oor hoë hitte. Voeg die noedels by en roerbraai tot die noedels deurwarm is.
Meng die Thai-pesto deeglik deur.
Voeg die koljander- en balsemkruidblare by, haal van die stoof af.
Meng laastens die komkommer en sesamsaad goed deur. Sit in ’n opskepbak voor sodat die gaste van die ander bestanddele, soos die geskroeide biefstuk, neute en klapper na smaak kan byvoeg. Of dalk wil hulle eerder van die heerlike garnale in klappermelk saam met die noedels eet.