Genoeg vir 4
Oosterse sous
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
30 ml (2 e) lemmetjiesap
10 ml (2 t) bruinsuiker
15 ml (1 e) vissous
180 ml (2/3 k) oestersous
30 ml (2 e) olyfolie
3 cm gemmer, geskil en gerasper
1 rooirissie, sade verwyder en fyngekap
600 g lendeskyf (sirloin), in dun repies gesny
15 ml (1 e) olyfolie
1 pak klaarbereide roerbraaigroente
400 g gaar rys of bokwietnoedels
125 ml (½ k) koljanderblare
125 ml (½ k) ongesoute, rou grondboontjies
1 Meng al die bestanddele vir die oosterse sous en hou eenkant. Verhit die olie, gemmer en rissie in ’n groot pan oor hoëhitte en hou eenkant.
2 Skroei die biefstuk vir 1 min. In ’n riffelpan, haal uit en hou eenkant. Warm die gegeurde olyfolie in die pan weer op, voeg die groente bietjies-bietjies by en roerbraai vir 2 min.
3 Voeg die oosterse sous, noedels en vleis by die groente en roerbraai vir nog 2 min.
4 Meng die koljander en grondboontjies deur die roerbraaigroente en sit voor.