Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 12 lamribtjops
• sout
• 125 ml tuisgemaakte basiliekruidpesto
1 Maak ’n vuur. Sit die tjops in ’n bak en smeer pesto oor.
2 Marineer vir 30 min.
3 Verwyder oortollige olie van die tjops en braai vir 10 min. aan elke kant oor die kole.
4 Sit voor met Griekse slaai en tzatziki.
Instructions
Vinnige platbrode
1 Verhit die oond tot 200 °C. 2 Meng 375 ml (1 ½ k) gerasperde mozzarella en 45 ml (3 e) roomkaas in ’n mikrogolfbestande bak. 3 Sit vir 2 min. op hoog in die mikrogolf tot die kase heeltemal gesmelt is. 4 Haal uit en meng ’n liggies geklopte eier en 166 g (⅔ k) gemaalde amandels vinnig by (sit terug in die mikrogolf vir 30 sek. as dit te styf raak). 5 Rol die “deeg” uit op ’n bakplaat en bak vir 6 min. tot liggoud en tot die rande krakerig begin word. 6 Gooi ’n bietjie knoffelolie oor en sit met die tjops voor.