kategorieë: KosSomerkos

Geurige kreef-soetmielie-en-aartappel-pot

Genoeg vir 8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • sap van 2 groot suurlemoene (moenie die skille weggooi nie)
  • 3 lourierblare
  • 1 heel knoffel, horisontaal middeldeur gesny
  • 3 middelslaguie, geskil en in kwarte gesny
  • 1 rooi brandrissie
  • ’n hand vol vars tiemie
  • 1 aftrekselblokkie
  • 60 ml (¼ k) witwyn
  • 500 g baba-aartappels, ongeskil
  • 6 soetmielies, middeldeur gesny
  • 6 kreefsterte of 500 g garnale, skoongemaak
  • 60 ml (4 e) botter
  • ’n hand vol pietersielie, gekap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Gooi 4 liter water in ’n groot kastrol. Voeg die sap en skille van die suurlemoene, lourierblare, knoffel, uie, brandrissie, tiemie aftrekselblokkie en wyn by. Geur met sout en peper. Laat die mengsel kook, verlaag die hitte en laat vir nog 10 min prut.
  2. Sit die aartappels by en laat vir nog 12 min. prut. Sit die mielies by en laat prut vir 5 min. Sit laastens die kreef by en kook vir ±8 min. tot die krewe helder rooi is.
  3. Smelt intussen die botter in ’n groot, verhitte braaipan of bakplaat en voeg die pietersielie by. Rooster ’n paar lemmetjies wat middeldeur gesny is op die kante.
  4. Skep die aartappels, mielies en kreefsterte uit die water in die pan en soteer vir ’n paar min. tot goudbruin. Keer uit op ’n vel bak- of bruinpapier. Sit voor met die geroosterde lemmetjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.