Geurige kreef-soetmielie-en-aartappel-pot
Ingredients
- Sodra die krewe en aartappels gaar is, word dit op ’n skoon vel bakpapier uitgegooi sodat almal sommer met hul vingers kan eet.
- sap van 2 groot suurlemoene (moenie die skille weggooi nie)
- 3 lourierblare
- 1 heel knoffel, horisontaal middeldeur gesny
- 3 middelslaguie, geskil en in kwarte gesny
- 1 rooi brandrissie
- ’n hand vol vars tiemie
- 1 aftrekselblokkie
- 60 ml (¼ k) witwyn
- 500 g baba-aartappels, ongeskil
- 6 soetmielies, middeldeur gesny
- 6 kreefsterte of 500 g garnale, skoongemaak
- 60 ml (4 e) botter
- ’n hand vol pietersielie, gekap
Instructions
1 Gooi 4 liter water in ’n groot kastrol. Voeg die sap en skille van die suurlemoene, lourierblare, knoffel, uie, brandrissie, tiemie aftrekselblokkie en wyn by. Geur met sout en peper. Laat die mengsel kook, verlaag die hitte en laat vir nog 10 min prut.
2 Sit die aartappels by en laat vir nog 12 min. prut. Sit die mielies by en laat prut vir 5 min. Sit laastens die kreef by en kook vir ±8 min. tot die krewe helder rooi is.
3 Smelt intussen die botter in ’n groot, verhitte braaipan of bakplaat en voeg die pietersielie by. Rooster ’n paar lemmetjies wat middeldeur gesny is op die kante.
4 Skep die aartappels, mielies en kreefsterte uit die water in die pan en soteer vir ’n paar min. tot goudbruin. Keer uit op ’n vel bak- of bruinpapier. Sit voor met die geroosterde lemmetjies.