Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
125 ml (½ k) koekmeel
60 ml (4 e) masala-kerriepoeier
sout en gemaalde swartpeper
1 kg (sowat 8) hoenderborsies, in repies gesny
60 ml (¼ k) olyfolie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 x 410 g-blik heel, geskilde tamaties
125 ml (½ k) aftreksel
125 ml (½ k) room
hand vol vars koljanderblare
klapperkrulle vir opdiening
liggies geroosterde, gevlokte amandels vir opdiening
Instructions
1 Meng die koekmeel en kerriepoeier in ’n groot mengbak. Geur na smaak. Rol die hoender in die meel en skud goed af. 2 Verhit die helfte van die olie oor hoë hitte in ’n groot pan. Braai die hoender vir 3 min. aan elke kant daarin tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant. 3 Verhit die res van die olie in dieselfde pan oor matige hitte. Soteer die uie en knoffel daarin tot sag en deursigtig. 4 Voeg die tamaties met die vloeistof by en druk fyn met ’n vurk. Geur na smaak. 5 Voeg die hoender by en prut vir 5 min. Verlaag die hitte en voeg die aftreksel en room by. Roer tot die sous deurwarm is. 6 Voeg die kruie net voor opdiening by. 7 Sit voor met basmatirys, koljanderblare, klapper en amandels.