Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n pan met botter.
Verhit die olie in ’n groot braaipan oor hoë hitte. Braai uie en knoffel vir 2-3 min. daarin, of tot sag.
Voeg die hoender by en braai vir nog 3-4 min. of tot goudbruin.
Voeg die komyn, kaneel, gemmer, brandrissie en saffraan by en braai tot geurig. Roer die aftreksel en korente by en bring die mengsel tot kookpunt. Laat prut vir 15-20 min. of tot die hoender gaar is. Haal van die hitte af en laat afkoel.
Meng die koljander en eier by en geur met sout en peper na smaak.
Sit 3 velle fillodeeg horisontaal langs mekaar op ’n skoon werksvlak. Laat die stroke met sowat 15 cm oorvleuel. Smeer met botter.
Skep die hoendermengsel op die onderste sy van die deeg, strooi die amandelvlokkies oor. Versprei die mengsel eweredig oor die lengte van die deeg (soos ’n lang wors). Moenie die rol te dik probeer maak nie, anders breek dit wanneer jy dit oprol om die spiraal te vorm.
Vou die deeg oor die hoendermengsel, en druk dit onder die hoender in om ’n rol te vorm.
Rol op om ’n lang wors van sowat 115 cm lank te vorm. Smeer met nog botter en rol dit versigtig in ’n spiraal op. Sit die spiraal op die voorbereide bakplaat.
Verf die bokant met die oorblywende botter, strooi die sesamsaad oor en bak vir 30-40 min. of tot goudkleurig en bros.