1 Voorverhit die oond tot 200 °C.Geurige groente-lasagne in ’n pan
Ingredients
Instructions
2 Verhit die olyfolie oor matige hitte in ’n diep, oondvaste pan en braai die ui en knoffel daarin vir 5 min. of tot sag. Voeg die sampioene, soetrissie en murgpampoentjies by en braai vir nog 5 min.
3 Voeg die fyngedrukte tamaties, room en lensies by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 15 min. of tot die lensies sag is. Voeg die basilie by en roer deur.Skep ⅔ van die lensie-en-tamatie-sous uit die pan en hou eenkant.
4 Pak ’n lagie van 2 lasagne-velle, ⅓ van die mascarpone, ⅓ van die mozzarella, ⅓ van die parmesaankaas en ’n paar skeppies basiliekruidpesto op die onderste laag lensies. Herhaal die lae met die oorblywende lensie-en-tamatie-sous en die res van die bestanddele. Eindig met die lensie-en-tamatie-sous en bedek met mozzarella-skywe. Pak ’n paar sampioene op die lasagne - druk dit effens in die sous in.
5 Bak die lasagne vir 20 min. of tot die kaas gesmelt en goudkleurig is.