kategorieë: VelsorgSkoonheid

Getinte sonskerm

Getinte sonskerm deur Suzanne Kotzé en Corné Greeff. Hooffoto: Corné Greeff

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Al word dit aanbeveel dat baie van die getinte sonskerms genoegsame beskerming gee, dra ons steeds eerder ’n bykomende sonskerm ook wanneer ons ’n dag in die son gaan wees. Wat dit moeilik maak, is dat met sommige soorte sonskerm dit aanbeveel word dat jy ’n teelepel sonskerm op jou gesig alleen moet gebruik, en wie van ons sit so baie onderlaag aan?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Hoeveel sonskerm moet jy gebruik?

Foto: Corné Greeff

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. SVR Sun Secure Blur Optical Mousse cream SPF50+ (R252)

Hulle sê: Die ideale kombinasie van ’n hoë SPF50 sonbeskerming en ’n mousse-room wat merkies “blur” en jou gelaat meer eweredig laat lyk.

Ons sê: Die eerste ding wat jy sal oplet van die SVR Sun Secure Blur Optical Mousse Cream SPF50+ is sy heerlike geur! Die produk is perfek vir daardie dae wat jy ’n meer natuurlike voorkoms wil hê, ek was eers skepties oor die oranje kleur, maar dit het my vel mooi glad laat lyk, selfs daardie fyn plooitjies! As jy ’n produk soek wat nie olierig is nie, is dié produk perfek.

– Corné

2. Heliocare 360º Cushion Compact SPF 50+ (R520)

  • Hulle sê: ’n Volspektrum, foto-beskermende, fisiese grimeer-sonskerm in kussing-grimering formaat. Dit wend maklik aan, en meng goed om jou vel teen UVB, UVA, sigbare lig (insluitende hoë energie sigbare lig wat uitgestraal word deur tegnologie) en infra-rooi bestraling te beskerm. Dit dek merkies en rooiheid na skoonheidsprosedures, wat jou vel ’n eweredige, mat afwerking gee. Dit is water-weerstandig en bied SPF beskerming vir tot 40 minute nadat jy in die water was.Ons sê: Sjoe, hierdie grimering gee baie meer dekking as wat ek verwag het. Ek is gaande oor kussing-grimering en die sponsie maak aanwending maklik.. Ek verkies ligter, meer glansende dekking, maar gaan hierdie beslis hou vir wanneer ek weer vir ’n chemiese afskilfering gaan en die rooiheid wil wegsteek.  As jy ’n olierige vel het, of gewoonlik nie getinte sonskerm dra nie, omdat dit nie genoeg dekking gee nie, sal jy baie hiervan hou.

    -Suzanne

  1. Bioderma Photoderm Nude Touch SPF50 (R262,95)

Hulle sê: ’n Kombinasie van minerale UVA/UVB-filters en die gepatenteerde Bioprotection™ formule aktiveer jou vel se natuurlike beskermingsvermoë en beskerm velselle. Die formule is 100% mineraal en die vloeistof verander in poeiervorm na aanwending. Dit is geskik vir ‘n olierige vel en bevat salisielsuur om jou vel se tekstuur te verbeter. Dit het ’n mat voorkoms en keer dat jou vel blink. Dit help ook om die hoeveelheid en kwaliteit van olie wat jou vel daagliks afskei te verbeter.

Ons sê: Ek hou nie van ’n loperige sonskerm nie, want wanneer ek oefen loop dit in my oë en laat dit dan brand, so toe ek sien die Bioderma Photoderm Nude Touch is loperig was ek baie skepties, maar tot my verbasing verander dit heeltemal in ’n meer poeieragtige tekstuur na aanwending, wat my vel ‘n mat voorkoms gee. Dit gee goeie dekking, maar lyk steeds natuurlik. Die produk is lekker lig, so jou gesig voel nie “aangeplak” nie, want dit is die laaste ding wat jy wil hê, veral in die somer!

– Corné

  1. NIVEA SUN UV Face BB Cream SPF 50+ (R124,99 vir 50ml)

Hulle sê: Dit gee hoogs doeltreffende en onmiddelike UVA/UVB-beskerming teen sonbrand en vroegtydige veroudering. Die formule is oog vriendelik, en oftalmologies getoets. Dit bevat anti-oksidante om jou vel te ondersteun sodat dit self teen sonskade kan beskerm. Dit is ideaal om elke dag te gebruik, pas maklik by jou veltoon aan, is nie olierig of klewerig nie en voel lig op jou vel.

Ons sê: Hierdie produk is ideaal vir diegene wat hou van oefen! Die dekking is natuurlik met ’n ligte glans. Dit is vinnig deur my vel geabsorbeer en voel glad nie taai nie! Wat lekker is van die produk is dat dit nie net jou vel beskerm teen die son nie, maar ook jou  vel gesond laat lyk en bevogtig laat voel!

– Corné

  1. Heliocare Gelcream Color in Light SPF50 (R350)

Hulle sê: Die breëspektrum jel-room gee ligte dekking vir elke dag se gebruik en bied ook beskerming teen foto-veroudering. Dit is waterweerstandig en kan ook na estetiese prosedures gebruik word en om pigmentasie te bedek.

Ons sê: Ek hou baie van die mooi glansende dekking wat die Gelcream gee. Ek verkies ligte dekking en gevoel. Dit lyk beslis asof dit my veltoon korrigeer (minder rooiheid) sonder dat dit te veel ‘toemaak’.

– Suzanne

  1. Nimue Sun-C Tinted SPF 40 (R536)

Hulle sê: ’n Multi-funksionele getinte breëspektrum SPF40 wat ligte merkies meer eweredig maak en jou vel gesond en glansend laat lyk. Nimue beveel aan dat ’n ertjie-grootte hoeveelheid aangewend word.

Ons sê: Die dekking is natuurlik en glansend. Van die drie getinte sonskerms wat ek getoets het, gee die een die ligste dekking, ideaal vir ’n baie natuurlike voorkoms. Dit voel aanvanklik effens ‘taai’, maar die gevoel verdwyn en dit voel dan gemaklik. Ek het die verkeerde kleur (medium) gebruik en dit het eers taamlik geel op my ligte vel gelyk, maar na ’n ruk het die kleur meer natuurlik gelyk. Volgende keer sal ek beslis eerder ’n ligter skakering gebruik. Hierdie een hou ek vir naweke, wanneer ek nie veel grimering wil dra nie.

– Suzanne

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

5 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

13 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

13 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.