1 Skil ’n hand vol klein pekeluitjies en 2 knoffelhuisies. Sit in ’n pan met 30 ml (2 e) olyfolie en laat oor ’n lae temperatuur karamelliseer (sowat 30 min.). 2 Kook intussen 4 groot aartappels (geskil en ruweg gekap) en 500 g groenboontjies (stingels afgesny en gekap) tot sag. 3 Dreineer en druk saam met die gekaramelliseerde uitjies fyn. Roer ’n goeie klont botter by en geur met baie witpeper.