• 300 g bocconcini-mozzarella, of bokmelkkaas indien jy verkies
• ’n hand vol vars basiliekruid
• ’n hand vol kruisementblare
• balsemiekasyn en babakruieblare vir die mooi
Instructions
Strooi die gelatien oor die water en laat die mengsel vir sowat 5 min. spons.
Meng die bosbessiesap en asyn in ’n middelslag-mengbak.
Smelt die gesponste gelatien vir sowat 30 sekondes op die ontvriesstelling in ’n mikrogolfoond en voeg by die bosbessiemengsel. Roer goed.
Spuit ’n silikoonvorm van sowat 1,5 liter en ’n deursnee van 24 cm goed met kleefwerende sproei.
Gooi ’n ⅓ van die gelatienmengsel in die vorm en sit in die vrieskas vir 15 min. of tot gestol.
Rangskik 5-6 van die aarbeie op die gestolde laag en gooi nog ’n ⅓ van die gelatienmengsel bo-op en sit terug in die vrieskas tot gestol.
Sny die res van die aarbeie in skyfies. Rangskik die aarbeie op die tweede laag en laat 2-3 uur of oornag stol.
Keer die gestolde terrien versigtig op ’n dienbord uit. As die terrien vassit, kan jy dit met ’n warm, klam vadoek effens verhit.
Breek die mozzarella-balletjies oop en rangskik om die terrien. Garneer met vars basiliekruid en kruisement. Sit voor met balsemiekasyn en kruieblaartjies.