Gestolde aarbei caprese slaai
Serves: 8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 26 g gelatien
- • 1 k (250 ml) koue water
- • 2½ k (725 ml) bosbessiesap
- • 45 ml framboosasyn
- • 500 g aarbeie
- • 300 g bocconcini-mozzarella, of bokmelkkaas indien jy verkies
- • ’n hand vol vars basiliekruid
- • ’n hand vol kruisementblare
- • balsemiekasyn en babakruieblare vir die mooi
Instructions
- Strooi die gelatien oor die water en laat die mengsel vir sowat 5 min. spons.
- Meng die bosbessiesap en asyn in ’n middelslag-mengbak.
- Smelt die gesponste gelatien vir sowat 30 sekondes op die ontvriesstelling in ’n mikrogolfoond en voeg by die bosbessiemengsel. Roer goed.
- Spuit ’n silikoonvorm van sowat 1,5 liter en ’n deursnee van 24 cm goed met kleefwerende sproei.
- Gooi ’n ⅓ van die gelatienmengsel in die vorm en sit in die vrieskas vir 15 min. of tot gestol.
- Rangskik 5-6 van die aarbeie op die gestolde laag en gooi nog ’n ⅓ van die gelatienmengsel bo-op en sit terug in die vrieskas tot gestol.
- Sny die res van die aarbeie in skyfies. Rangskik die aarbeie op die tweede laag en laat 2-3 uur of oornag stol.
- Keer die gestolde terrien versigtig op ’n dienbord uit. As die terrien vassit, kan jy dit met ’n warm, klam vadoek effens verhit.
- Breek die mozzarella-balletjies oop en rangskik om die terrien. Garneer met vars basiliekruid en kruisement. Sit voor met balsemiekasyn en kruieblaartjies.
Lees ook: Gevormde groenteslaai
sapaarbeieslaaifruitsomercheesereseptestrawberrieskruiesaladvrugteherbsbokmelkkaasrecipessummerjuice
Michelle Nortje
Lees Meer
Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies
04/04/2025
Skuinskoek
28/03/2025