kategorieë: GebakKos

Gesondheidskoekies

Basiese hawermoutkoekies met misokaramel

Misokaramel
Miso (beskikbaar by gesondheidswinkels) is gefermenteerde, gestoomde sojaboontjies. ’n Klein bietjie is genoeg om ’n diep umami-geur aan geregte te gee. Dit verryk en verdiep die karamel en is gewis iets wat jy kan probeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 150 g suiker
• 125 ml (½ k) water
• 125 ml (½ k) room
• 15 ml (1 e) donker misopasta

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Meng die suiker en water in ’n klein kastrol oor matige hitte. Roer tot die suiker gesmelt is en bring tot kookpunt.
2 Kook vir 4-5 min. of tot goudkleurig en die mengsel begin karamelliseer.
3 Trek van die hitte af en voeg die room by en dan die miso en roer tot goed gemeng.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gesondheidskoekies

Die koekies bevat slegs die natuurlike suiker van die piesang en dadels. Glutenvrye hawermout is beskikbaar by gesondheidswinkels. Hoewel die koekies “beter” vir jou is, moet diabete maar steeds ligloop.

1 Maak die basiese resep soos beskryf maar vervang die suiker en gouestroop deur 2 fyngedrukte piesangs en vervang die volgraanmeel deur bokwietmeel.
2 Voeg 10 gekapte vars dadels (ontpit) en 100 g gemengde sade (soos sonneblomsaad, pampoensaad en lynsaad) by die basiese deeg.
3 Bak soos in die basiese resep beskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

5 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

24 hours Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.