Dis groot pret as die fotograaf vra jy moet vir jou buurvrou wyn ingooi, glimlag en vir die kamera kyk! Steffi Layer van Diemersdal en Irené Botha van Signal Gun se het hulle egter baie goed van hul taak gekwyt! Die Signal Gun Sauvignon blanc kom uit die hoogste SB wingerde in die Wes-Kaap, dit groei teen 455 meter bo seespieël.
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die Sauvignon-safari sal ’n interaktiewe om-die-wêreld ervaring van Sauvignon Blanc wees, wat ’n proe van deelnemende Concours-mededingende wyne, sowel as trofee-, goue- en silwermedaljewenners van vanjaar se kompetisie, insluit. Volledige uitslae is na Maandag by www.cmsauvignon.com beskikbaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Suid-Afrika het vandeesweek nog meer rede om breëbors te wees. Die mees gesogte Sauvignon Blanc-kompetisie ter wêreld, is vir die eerste keer ooit in ’n Nuwe Wêreld Land, op die Afrika kontinent en spesifiek Suid-Afrikaanse bodem, aangebied.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Dit is ’n droom wat waar geword het,” sê RJ Botha, voorsitter van Sauvignon Blanc Suid-Afrika. “Ons het vier jaar gelede begin met onderhandelinge met Quentin Havaux, direkteur van die Concours Mondial du Sauvignon en uiteindelik is hulle hier.”
Die Concours Mondial du Sauvignon word tot laatmiddag vandag in Franschhoek beoordeel. Tydens hierdie kompetisie sal Suid-Afrika se opwindende Sauvignon Blanc-streke ook ten toon gestel word deur daaglikse uitstappies na Durbanville, Constantia en Stellenbosch, en met spesiale aandetes wat deur Diemersdal, Groot Constantia en Vergelegen aangebied word.
Beoordeling het drie dae geduur en die resultate sal Maandag 20 Maart 2023 in Düsseldorf, Duitsland, by Prowein, die enigste internasionale handelskou wat die globale mark dek, bekend gemaak word.
Meer as 1 000 Sauvignon Blanc-wyne ding mee om die aandag van 50 beoordelaars waarvan 40 internasionaal en 10 plaaslike wynkenners is. Die gewaardeerde proeërs, ’n uitgesoekte paneel van regoor die wêreld, sluit in Andrea Amadei, joernalis by Decanter van Italië, Jean Smullen, joernalis en wyngeleentheidsbestuurder van Ierland, wynskrywer Paula Sidore van Duitsland, Peter De Leeuw, besturende direkteur van Kaapwijn Import De Leeuw in België, Christophe Bourgeois, wynprodusent in Frankryk, Daphne Teremetz, wynkoper by Waitrose Verenigde Koninkryk en Stefan Potzinger, President van die Oostenrykse Wynvereniging. Die res van die internasionale beoordelaars kom van Brasilië, Kroasië, Denemarke, Italië, Meksiko, Nederland, Noorweë, Pole, Spanje, Swede, Oostenryk, Frankryk, Duitsland, België, Groot-Brittanje en die Verenigde State.
Aurelio Montes Baseden van Chili (links) is een van die 40 internasionale beoordelaars. By hom staan Martin Moore, keldermeester by Durbanville Hills en Natasha de Villiers, bestuurder van die Durbanville Wynvallei-bestuurder.
Joernaliste en ander wynmakers is hierdie week saam met die beoordelaars by Durbanville Hills wynkelder onthaal, waar die wynvallei se beste en bekroonde Sauvignon blancs geproe kon word.
Natasha de Villiers, bestuurder van die Durbanville Wynvallei, het almal verwelkom en gesê op dié safari gaan ons nie die Groot 5 sien nie maar 13 top Sauvignon blancs.
Gaste is in groepe verdeel, wat na bekende landmerke in en om die vallei genoem is en by elke tafel as twee wynplase gereed met wyne. Elke tafel het ook ’n bypassende peuselhappie gehad, wat die beste elemente in die wyne na vore gebring het. Plase kon ouer en meer onlangse gehoute, ongehoute, wildgegiste of vonkelwyne ten toon stel.
Dis groot pret as die fotograaf vra jy moet vir jou buurvrou wyn ingooi, glimlag en vir die kamera kyk! Steffi Layer van Diemersdal en Irené Botha van Signal Gun se het hulle egter baie goed van hul taak gekwyt! Die Signal Gun Sauvignon blanc kom uit die hoogste SB wingerde in die Wes-Kaap, dit groei teen 455 meter bo seespieël.
Witwyne van Altydgedacht, Bloemendal, Canto, D’Aria, De Grendel, Diemersdal, Durbanville Hills, Groot Phesantekraal, Klein Roosboom, Nitida, Signal Gun, Maastricht en Meerendal geproe.
Nadat die witwyne geproe is, het almal na die restaurant beweeg vir ’n oesfees en rooiwyne van die streek geproe.
Martin Moore, keldermeester by Durbanville Hills, het aan gaste gesê: “Ek ken die vallei baie goed. Ek was van die eerste baksteen hier. Hier baklei ons nie met mekaar nie, ons baklei eerder om Durbanville wynvallei se heerlike wyne op almal se lippe te hou.”
Die operasanger, Elizabeth Marais, het gaste met bekende operamusiek vermaak.
Elizabeth Marais het gaste met bekende operamusiek vermaak. Haar pragtige rok van tradisionele shwe shwe materiaal, is blou en wit, Durbanville Wynvallei se roetekleure.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.