kategorieë: Funksie artikels

Gesonde selfliefde teen verkoue

1 Maak dit ’n duvet-dag … of drie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Party mense dink hulle is so taai dat hulle hul verkoue kan weg wérk. Maar wees versigtig hiervoor. Daar is oorgenoeg bewyse dat die streptokok-bakterie wat dikwels ná ’n verkoue toeslaan jou hartspier kan aantas – soos ook die griepvirus as jy jouself tydens griep ooreis. Wat jy werklik nodig het – meer as enige medikasie vir jou verkoue – is rus. Jou liggaam kan homself baie goed teen verkoue verdedig, maar dit vra energie. Dié dat rus regtig die beste raad is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Haal ekstra kussings uit die linnekas, trek jou skootrekenaar, tablet of selfoon nader en laat www.rooirose.co.za jou inspireer terwyl jy rus terwyl die verkoue genees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Troetel jou lippe en neus van die begin af

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die area rondom die neus en lippe raak dikwels baie teer. Gebruik sagte snesies, en beskerm die vel vóór dit teer raak met vaselien, Burnshield of ’n bababoudjieroom soos Bepanthen. Pasop vir gesigroom: sekere komponente daarin, soos AHAs (alpha hydroxyl acids) kan die reeds teer vel irriteer.

3 Drink iets voedsaam

Jy nies, jou neus loop en jy sweet, en verloor dus baie vloeistof. Vervang dit deur elke uur iets te drink. Dit kan water wees, maar heuningbostee en rooibostee is albei ryk aan anti-oksidante en ondersteun jou immuunstelsel.

• Vars lemoene en vars lemoensap verskaf ’n bietjie ekstra vitamien C. Verdun dit met baie water omdat dit ook baie suiker bevat, wat volgens party bronne eerder die kieme voed as vir jou.

As jy lemoensap koop, kyk op die bestanddeellys op die etiket of daar werklik niks anders as 100% onversoete lemoensap in die houer is nie. Baie bevat suiker, preserveermiddels, geurmiddels en hersaamgestelde (‘reconstituted’) lemoensap, wat nie werklik vitamien C bevat nie.

• Nog ’n opsies is tuisgemaakte sop. Hopelik is daar iemand wat dit vir jou kan aandra.

4 Kry ekstra vitamien C vir jou verkoue

Help vitamien C vir verkoue? Niemand weet regtig nie. Party ondersoeke wys dit help; ander wys dit maak geen verskil nie. En dan is daar diegene wat glo vitamien C het niks meer as ’n plasebo-effek nie. Met ander woorde: dit werk so goed as wat jy glo dit werk. Dit kan nogtans nie skade doen nie, en dalk werklik help. As jy op vitamien C besluit, neem die volgende in ag:

• Beplan om genoeg vitamien C in te kry want in hierdie geval is meer wel beter.
• Dit lyk asof rondom 800- 1 000 mg vitamien C per dag (terwyl jy siek is), ’n goeie goue middeweg is.
• Hoewel meer beter is, is baie op een slag nié.
• Jy liggaam sal ’n ligte, maar gereelde aanvulling baie doeltreffender opneem.
• Verdeel jou vitamien C in drie tot ses dosisse vir die dag.
• Hoeveel vitamien C is genoeg? Jou liggaam skei die oormaat vitamien C in die uriene uit of selfs deur diaree. As jy skielik los stoelgange het, drink minder vitamien C.

5 Wees higiënies

Dit is onbedagsaam om die hele wêreld aan te steek met ’n genies en geproes. (Wie gaan jou bederf as hulle ewe siek is?)

Maak so:

• Hou ’n snesie oor jou nes en mond elke keer dat jy hoes of nies.
• Hou ’n plastieksak byderhand en gooi die snesie dadelik daarin.
• Jou hande is nou ’n kiemtaxi soos min. Jy vryf oor jou oë waar die kieme ‘opklim’ en vat aan die suikerpot of koerant, waar hulle ‘afklim’ en werklik ’n hele paar uur kan oorleef. Netnou tel iemand anders die koerant op en laai die verkouevirus op sy vingers. Sodar hy aan sy gesig raak, land die kiem daar en kort voorlank het hy ook verkoue.
• Vat so min as moontlik aan jou gesig en was jou hande kort-kort.

6 Vars lug

Dit is goed vir jou en help dat die kieme wat jy uitnies en uithoes afsterf voor hulle iemand anders kan aansteek. Maar moenie in ’n trek sit nie.

7 Maak jouself gemaklik

Trek so aan dat jy nie te koud of te warm kry nie. ’n Serp is heerlike troos vir ’n seer keel.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.