kategorieë: KosLaekoolhidraat

Gesonde rotskoekies

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • 325 ml (225 g) koekmeel
  • ’n knypie sout
  • 5 ml (1 t) koeksoda
  • 200 g botter
  • 1 eier
  • 125 ml (½ k) fyn klapper
  • 230 g witsjokolade, ruweg gekap
  • 100 g pekanneute, ruweg gekap
  • 100 g bosbessies
  • 100 g ekstra witsjokolade, vir versiering

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Metode

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei.

  1. Sif die meel, sout en koeksoda in ’n middelslag-mengbak.
  2. Room die botter tot sag en voeg die eier by. Voeg die gesifte droë bestanddele by en meng goed.
  3. Meng die klapper, sjokolade, neute en bosbessies by.
  4. Skep lepels vol van die deeg met 2 teelepels op die bakplaat. Bak vir 15-20 min. tot die koekies verkleur. Sit op ’n afkoelrak en laat heeltemal afkoel.
  5. Smelt die res van die sjokolade en drup die gesmelte sjokolade met ’n lepel oor die afgekoelde koekies.
  6. Laat staan vir 10 min. tot die sjokolade hard en droog is en bêre die koekies in glashouers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nog idees: Donker rotskoekies

Maak die deeg aan soos hierbo maar vervang die witsjokolade, bosbessies en pekanneute met 230 g donkersjokolade, ruweg gekap
100 g amandelvlokke
100 g dadels, in stukkies gesny
100 g ekstra donkersjokolade vir versier

of …

Tropiese rotskoekies

230 g witsjokolade, ruweg gekap
100 g grondboontjies, ruweg gekap
100 g droë mango en pynappel, in stukkies gesny
100 g ekstra witsjokolade vir versiering

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

3 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.