Bestanddele
- 325 ml (225 g) koekmeel
- ’n knypie sout
- 5 ml (1 t) koeksoda
- 200 g botter
- 1 eier
- 125 ml (½ k) fyn klapper
- 230 g witsjokolade, ruweg gekap
- 100 g pekanneute, ruweg gekap
- 100 g bosbessies
- 100 g ekstra witsjokolade, vir versiering
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei.
- Sif die meel, sout en koeksoda in ’n middelslag-mengbak.
- Room die botter tot sag en voeg die eier by. Voeg die gesifte droë bestanddele by en meng goed.
- Meng die klapper, sjokolade, neute en bosbessies by.
- Skep lepels vol van die deeg met 2 teelepels op die bakplaat. Bak vir 15-20 min. tot die koekies verkleur. Sit op ’n afkoelrak en laat heeltemal afkoel.
- Smelt die res van die sjokolade en drup die gesmelte sjokolade met ’n lepel oor die afgekoelde koekies.
- Laat staan vir 10 min. tot die sjokolade hard en droog is en bêre die koekies in glashouers.
Nog idees: Donker rotskoekies
Maak die deeg aan soos hierbo maar vervang die witsjokolade, bosbessies en pekanneute met 230 g donkersjokolade, ruweg gekap
100 g amandelvlokke
100 g dadels, in stukkies gesny
100 g ekstra donkersjokolade vir versier
of …
Tropiese rotskoekies
230 g witsjokolade, ruweg gekap
100 g grondboontjies, ruweg gekap
100 g droë mango en pynappel, in stukkies gesny
100 g ekstra witsjokolade vir versiering
low carbbosbessiesrotskoekiesgesonde koekiestropiese rotskoekiesdonker rotskoekieskoekiesrecipesklapperwitsjokolade