20 plaatkoekies (6 cm in deursnee)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }1 appel, in dun skywe gesny en met suurlemoensap besprinkel
1 eier, geklits
10 ml (2 t) bruinsuiker
2,5 ml (1/2 t) sout
250 ml (1 k) vetvryemelk
5 ml (1 t) canola-olie
375 ml (1 1/2 k) koekmeel
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) bakpoeier
knypie sout
125 ml (1/2 k) semels
gemaalde kaneel vir geur
1 appel, gerasper
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Voorverhit die oond tot 200 ºC.
1 Verf elk van die appelskywe liggies met olie en ’n bietjie heuning. Bak vir 8 min.
2 Klits die eier liggies in ’n mengbak, voeg die suiker en sout by en klits vir 1 min.
3 Voeg die helfte van die melk en olie by en klits goed.
4 Sif die meel, koeksoda, bakpoeier, sout en kaneel saam en voeg bietjie vir bietjie by die eiermengsel en meng tot glad. (Moenie te veel meng nie.)
5 Voeg die res van die melk, semels en gerasperde appel by en meng liggies. Laat rus vir 10 min.
6 Verhit ’n kleefvrye pan oor matige hitte en spuit met kleefwerende kossproei.
7 Sit ’n appelskyfie in die pan en skep ’n opgehoopte eetlepel van die mengsel op elke skyfie. Bak vir 3-4 min. aan elke kant of tot goudbruin. Die appel sal aan die deeg klou as jy dit omdraai.
8 Opdienvoorstel: Meng gekapte, vars kruisement met ongegeurde jogurt en sit dit saam met die plaatkoekies voor.
Lees ook: Gestolde aarbei caprese slaai
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.