kategorieë: Gesondheid

Gesonde oogvisie vir jou kind se skooljaar

Hou jou kind se visie en bril in puik kondisie vir die nuwe skooljaar

Deesdae is daar baie vereistes waaraan brille vir kinders moet voldoen. Kinders se brille moet sterk wees en aktiwiteite soos sport, skool en speeltyd kan weerstaan. Dit moet ook onbreekbaar, buigbaar en so lig as moontlik wees. Mellins i-Style (www.mellins.co.za), een van die toonaangewende oogkundige groepe in Suid-Afrika, het die volgende wenke vir gesonde visie en oogsorg vir kinders:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Brille vir kinders het baie verander in die afgelope paar jaar. Deesdae is daar moderne rame beskikbaar en die dae van dik lense is vir altyd verby. Daar is wel ’n paar dinge om in gedagte te hou as jy ’n bril vir jou kind moet kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Maak nie saak hoe oud of gesond jy is nie, gereelde oogtoetse is belangrik,” sê Andre Horn, assistent besturende direkteur van Mellins i-Style.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oogondersoeke vir kinders is ook belangrik om normale ontwikkeling van visie na te gaan en te verseker akademiese prestasie word nie belemmer nie. Visie hou direk verband met die leerproses en kinders met onopgeloste visuele probleme het dikwels probleme met hul skoolwerk. Kinders sal dalk ook nie oor hul visie kla nie, want hulle weet nie wat ‘normale’ visie is nie. As ’n kind met skoolwerk sukkel, kan ’n oogondersoek bepaal of swak visie dalk die oorsaak is.

’n Oogtoets kan verseker dat kinders met perfekte visie skool, sport en speeltyd aanpak en dit is noodsaaklik vir die ontwikkeling van hul koördinasie en motorvaardighede. Dit is dus selfs belangriker dat kinders met visieprobleme ’n bril dra wat 20/20 visie herstel. Maak seker dat jou kind se bril aan die volgende vereistes voldoen:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Hoë impakweerstand
• Lense met goeie weerstand teen krapmerke
• Anti-weerkaatsende bedekking wat maklik skoongemaak kan word
• Perfekte pas

“Rame wat van ligte, buigbare en sterk metale soos polikarbonaat gemaak word, is ideaal vir kinders en verminder die kanse vir besering. Dit is jou oogkundige se verantwoordelikheid om te verseker dat jou kind se bril perfek pas. ’n Bril moet nooit te styf of te los om die kop pas nie en moet nooit druk op die ore plaas nie”, vertel Horn .

Maak seker dat jou kind se oë deur ’n oogkundige getoets word, nog vóórdat die nuwe skooljaar afskop.

Vir meer wenke en raad oor gesonde visie, besoek www.mellins.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

37 mins Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

1 hour Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

3 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

4 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

6 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.