Gesonde maag = gesonde lewe

Jou gesondheid is jou belangrikste bate en in vandag se onsekere wêreld, is dit so belangrik om mooi daarna om te sien. Hoewel dit vir baie jare onderskat is, word die kritieke rol nou erken wat goeie gastriese gesondheid in die instandhouding van jou liggaamskrag en energie speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Het jy geweet dat die 100 triljoen bakterieë wat in jou spysverteringstelsel voorkom direk aan fisieke en geestesiektes verbind word waarvoor jy vatbaar kan wees?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sekere ongesonde bakterieë in jou maag kan opgeblasenheid, diarree, ’n ongemaklike maag, hardlywigheid en ander kwale soos artritis, vetsug, hoë bloedsuiker en hoë cholesterol veroorsaak. Die afwesigheid van sekere bakterieë in jou spysverteringstelsel kan ook areas in jou brein verander, wat met angs en depressie verband hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sowat 70% van ons immuunstelsel kom voor in ons spysverteringstelsel. ’n Gesonde en gebalanseerde spysverteringstelsel speel daarom ’n baie belangrike rol daarin om algehele gesondheid en welstand te versterk. Die goeie nuus is dat probiotika hiermee kan help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Probiotika ondersteun die liggaam se natuurlike verdediging deur middel van die spysverteringskanaal. Dit herstel op ’n natuurlik manier die balans van “goeie” voordelige bakterieë in die maag terwyl dit algehele maaggesondheid aanhelp. Bakterieë is die skakel tussen kos en jou liggaam. Honderd jaar gelede het ons die voordelige bakterieë wat ons nodig het deur ons kos, water en omgewing gekry. In vandag se moderne wêreld het dinge verander en die gebruik van chemikalieë in die verbouing van gewasse, die antibiotika wat gebruik word in veeboerdery en die aanhoudende daaglikse stressors van die lewe beteken ons ontvang net ’n klein porsie van die goeie mikrobes wat ons maag nodig het om gelukkig en gesond te bly.

Dit verduidelik waarom daar in vandag se tyd so ’n groot styging in gevalle van gastriese probleme, vetsug en selfs geestesgesondheidsiektes is. Serotonien is dié hormoon wat jou gemoed, gevoel van welstand en geluk stabiliseer, en 95% daarvan word in jou maag vervaardig! Dit help om ’n duideliker prentjie te skets van hoe belangrik jou maag se gesondheid is en hoe die daaglikse inname van probiotika kan affekteer hoe jy op fisieke en geestelike vlak voel.

Rawbiotics is ’n probiotikareeks wat op grensverskuiwende mikrobiese tegnologie gegrond is. Dit bestaan uit ’n vloeistof wat ’n mengsel van lewendige, voordelige bakterieë bevat. Die hoeveelheid lewendige stamme in hul natuurlike rou toestand is baie doeltreffend omdat hulle spesifiek geformuleer is om die voordelige bakterieë in jou maag te vermeerder.

Hou in gedagte dat daar verskillende tipes probiotika is: droogbevries en vloeistof, enkel- en veelstammig. Die probleem  met droogbevrieste produkte is dat dit opgemaak word deur enkele stamme wat in isolasie groei, en daar is geen waarborg dat hulle sal herhidreer voor dit deur die dermkanaal beweeg nie. Dit is waarom probiotika as ’n vloeistof as meer doeltreffend beskou word. Die sukses van die reeks kan toegeskryf word aan die feit dat Rawbiotics nie droogbevries word nie, en 100% natuurlik en veelstammig is – jy hoef nie ’n genie te wees om te weet waarom Rawbiotics steeds as die vernaamste vloeibare probiotika in Suid-Afrika bekendstaan nie.

Rawbiotics bied vier verskillende produkte met dieselfde samestelling van probiotika in elkeen, maar gefermenteer word met verskillende samestellings van kruie wat verskillende behoeftes aanspreek:

GUT: As jy op soek is na iets wat bestaande wanbalanse in die maag en steurings soos prikkelbare dermsindroom (IBS), opgeblasenheid, seliaksiekte, sooibrand, diarree en hardlywigheid hanteer, dan is hierdie aanvuller presies vir jou gemaak. Dis veral geskik vir Ouma en Oupa, aangesien hul mae al alles gesien het!

DAILY: Hierdie voorkomende en instandhoudingsproduk help jou om enige maagprobleme te ontwikkel of om die “goeie” bakterieë aan te vul nadat jy ’n kursus antibiotika geneem het. Dit is perfek vir jou, die ma’s en pa’s wat hul balans en lewensenergie wil handhaaf.

DEFENCE: Wanneer jy ’n bietjie ekstra verdediging nodig het, dan sal hierdie aanvuller jou ondersteun. Dit is so ontwerp om jou immuniteit te verbeter wanneer jou liggaam dit die meeste nodig het, soos gedurende seisoensveranderinge. Dit is op die korte duur ’n fantastiese hupstoot om jou daaglikse inname mee aan te vul, en dis goed vir die hele gesin!

KIDS: Die produk bevorder kinders se gesondheid en groei deur die noodsaaklike bakterieë wat die liggaam se vermoë om kos op te neem verbeter. Dit help om natuurlike vitamine te vervaardig en dit versterk hul immuunstelsels. Dis net wat jou kosbare kroos nodig het!

Jy kan Rawbiotics-produkte, soos aanbeveel, enige tyd van die dag met of sonder kos neem. Jy kan dit saam met ’n smoothie, skommeldrankie, vrugtesap of ontbytpap neem sodat dit ’n oggendroetine raak. Hierdie produkte moet glad nie gevries of verkoel word nie, wat beteken dit kan teen kamertemperatuur gestoor word, waar die son nie direk daarop skyn nie. Geen dierlike produkte is bygevoeg nie en daarom is Rawbiotics vir vegetariërs en veganiste geskik.

Jy kan Rawbiotics in 200 ml-, 500 ml- en 1 l-bottels vind. Koop dit aanlyn of besoek jou naaste winkel om met hierdie welstandsreis te begin.

Vir meer inligting: www.rawbiotics.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.