Week 3
Soet groen-drankie
Hierdie drankie is gelaai met vitamienes en minerale van allerhande vrugte en groente plus hormoon-gebalanserende eienskappe van hemp-sade. Probeer dit gerus en laat weet ons wat jy dink! Klik hier vir die resep.
Komkommer-en-lemmetjie-drankie
Gesnyde komkommer met ’n bietjie lemmetjiesap en ’n knippie sout is een van die beste opkikkers om in die middag te drink. Maak hierdie drankie wanneer jy ’n vinnige versnapering wil hê, maar nie tyd het om te sit en iets te eet nie. Voggewende komkommer is ’n goeie anti-oksidant, anti-inflammatories en beveg vrye radikale. Die ment voeg ’n tikkie varsheid by en versterk jou verteringsisteem en is ook anti-inflammatories. ’n Handvol groen blaargroente en lae kalorie kokosneut-water wat ryk is aan potassium sal jou heeldag lank verfris en goed laat voel! Klik hier vir die resep.
Diabetes-drankie
Moenie dat kommer oor jou bloedsuiker jou keer om die heerlike smaak van sjokolade te geniet nie! Solank dit kakao is, het jy niks om te vrees nie! Kakao of rou sjokolade bevat chromium en phytochemikalieë wat help om bloedsuikervlakke te reguleer. Voeg ’n eetlepel kakao by hierdie drankie om jou sjokolade-lus te tem terwyl jou bloedsuiker konstant bly. Die resep bevat ook aloe vera en veselagtige chia-sade wat energievlakke stabiliseer. Klik hier vir die resep.
Oefen jouself jonger
Oefeninge laat jou langer leef en beter voel. Maar het jy geweet sommige oefeninge is meer effektief as ander? Hier is oefeninge wat veroudering klop!
Lees ook: Gesonde leefstylmaand: week 1