kategorieë: Leef gesondGesondheid

Gesonde leefstylmaand: week 2

Week 2

Koudgetrekte koffie, die geheime raad vir sooibrand

Vir koffiegekkes is dit ’n groot slag as hulle begin om sooibrand van koffie te kry. Maar party mense sweer by koudgetrekte koffie. Hierdie heerlike, geurige fynproewerskoffie gee jou glo minder sooibrand omdat die koudtrek-metode min van die koffie-olies en sure wat sooibrand aanhelp, onttrek. Lees meer hier PLUS kry ons lekker resep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Foto: Pixabay

6 slaapprobleme, 6 oplossings

Sukkel jy om te slaap? Ons deel ses oplossings vir ses moontlike probleme sodat jy lekker kan slaap en soet kan droom! Klik hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Foto: Pexels

Maak jou hart gesond

Ons harte is broos én sterk. Dit breek wanneer iemand ons liefde nie wil hê nie, maar dit is terselfdertyd sterk genoeg om nog ’n lewetjie te dra tot dit selfstandig is, al is dit op agtien of dertig. Of nooit. Dit is groot genoeg om ’n huis vol mense in te pas, en sag genoeg om nood van alle soorte te kussing. In ruil vir so baie is ’n bietjie koestering min gevra. Wat maak vroueharte anders? Lees meer hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die BRAT-dieet

Soms het jou maag herstelkans nodig.

Die BRAT-dieet (Bananas, Rice, Applesauce and Toast) help met jou spysvertering, veral ná ’n maagaandoening. Voeg vir ’n dag of twee net piesang, rys, appel en roosterbrood op jou spyskaart. En drink water vir die dors.

Hierdie vier items stel min eise aan jou spysverteringskanaal en die meeste van ons kan dit dus dit goed hanteer wanneer ons maag ’n ruskans nodig het. Onthou net dat dit glad nie ’n gebalanseerde dieet is, of ’n goeie dieet vir gewigverlies nie. Dit gaan bloot or maklik verteerbare kos wat jy vir ’n dag of twee op die langste eet, om jou deur die ergste ná diarree te help. Lees meer hier

Lees ook: Gesonde leefstylmaand Week 1

Lees ook: Gesonde leefstylmaand: Week 3

Lees ook: Gesonde leefstylmaand: Week 4

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

3 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

3 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

3 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

3 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.