Week 2
Koudgetrekte koffie, die geheime raad vir sooibrand
Vir koffiegekkes is dit ’n groot slag as hulle begin om sooibrand van koffie te kry. Maar party mense sweer by koudgetrekte koffie. Hierdie heerlike, geurige fynproewerskoffie gee jou glo minder sooibrand omdat die koudtrek-metode min van die koffie-olies en sure wat sooibrand aanhelp, onttrek. Lees meer hier PLUS kry ons lekker resep.
6 slaapprobleme, 6 oplossings
Sukkel jy om te slaap? Ons deel ses oplossings vir ses moontlike probleme sodat jy lekker kan slaap en soet kan droom! Klik hier
Maak jou hart gesond
Ons harte is broos én sterk. Dit breek wanneer iemand ons liefde nie wil hê nie, maar dit is terselfdertyd sterk genoeg om nog ’n lewetjie te dra tot dit selfstandig is, al is dit op agtien of dertig. Of nooit. Dit is groot genoeg om ’n huis vol mense in te pas, en sag genoeg om nood van alle soorte te kussing. In ruil vir so baie is ’n bietjie koestering min gevra. Wat maak vroueharte anders? Lees meer hier
Die BRAT-dieet
Soms het jou maag herstelkans nodig.
Die BRAT-dieet (Bananas, Rice, Applesauce and Toast) help met jou spysvertering, veral ná ’n maagaandoening. Voeg vir ’n dag of twee net piesang, rys, appel en roosterbrood op jou spyskaart. En drink water vir die dors.
Hierdie vier items stel min eise aan jou spysverteringskanaal en die meeste van ons kan dit dus dit goed hanteer wanneer ons maag ’n ruskans nodig het. Onthou net dat dit glad nie ’n gebalanseerde dieet is, of ’n goeie dieet vir gewigverlies nie. Dit gaan bloot or maklik verteerbare kos wat jy vir ’n dag of twee op die langste eet, om jou deur die ergste ná diarree te help. Lees meer hier
Lees ook: Gesonde leefstylmaand Week 1