kategorieë: Gesinstyd

Gesonde, fikse familie

Dit is belangrik om jouself fiks en gesond te hou gedurende winter, maar as die res van jou gesin griep moet beveg omdat hulle nie in die koue wil oefen nie, verloor jy die stryd. Bly fiks as ’n familie en klop die winterkieme!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Oefen in die gim

Om alleen te gim kan vervelig raak, maar as julle saam as ’n familie gaan, is dit meer pret. Stel ’n bietjie vriendelike kompetisie tussen mekaar voor – kyk byvoorbeeld wie kan die meeste rondtes in die binnenshuise swembad voltooi of wie kan die langste of vinnigste hardloop. Hierdie tegniek sal die kinders gelukkig hou (veral as jy ’n klein belonging by die kompetisie voeg).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Speel in die week

In plaas daarvan om elke aand vir twee ure voor die televisie te lê, hoekom speel julle nie ’n bordspeletjie soos Charades nie? Al is dit nie ’n vorm van oefening nie, sirkuleer dit jou bloed en dit is beter as om heeltyd op een plek op die bank te sit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Moenie bang wees vir ys nie

Gaan ysskaats saam as ’n gesin! Jou kinders sal opgewonde wees oor die uitstappie wat nie gereeld gebeur nie en julle sal baie pret hê. Die beste van alles – julle sal nie eens agterkom dit is ’n vorm van oefening nie.

Gaan stap

Dit mag dalk vreemd klink om in die winter te gaan stap, maar in sekere opsigte is ’n staptog in die winter makliker as in die somer omdat jy nie so baie sweet nie. Trek lekker warm aan asem die vars lug in.

Ry fiets

Belê in bergfietse vir die hele gesin en gaan ry saam fiets. Maak dit ekstra opwindend vir die kinders en stel ’n skattejag op wat met ’n kaart toegerus is. Dit sal hulle aanmoedig om voort te gaan wanneer hulle verveeld begin raak.

Besoek Fedhealth se webblad hier

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.