Dukkah-hoenderslaai
Genoeg vir 2
Vir die hoender:
- ½ k Jungle Oat Bran
- 4 e Dukkah-speserye
- 2 hoenderborsies, oopgevlek
- ½ k meel
- 2 eiers, geklits
Vir die slaai:
- 500 g geroosterde botterskorsie
- 1 avokado, gesny
- 1 k koeskoes, gaargemaak
- hand vol vars koriander
- 50 g Jungle Snack Mix, Cranberry Fusion
- Meng die Jungle Oat Bran en Dukkah-speserye
- Doop die hoenderborsies eerstens in die meel, dan in die eier en laastens in die Dukkah-mengsel
- Plaas op ’n gesmeerde bakplaat en bak in die oond (teen 200 °C) tot goudbruin
- Sny die hoender in repies en bedien saam met die botterskorsie, avokado, koeskoes, koriander en Jungle-peuselhappiemengsel
Jungle Oats het baie gesondheidsvoordele
- Hawermout is hoog in oplosbare vessel
- Hoog in die cholesterolverlagende vessel, Beta-glukan
- Verlaagde lae digtheid lipoproteïen (LDL)-cholesterol help met die voorkoming van hartsiektes
- Om hawermout te verteer terwyl jy ’n gesonde en aktiewe lewenstyl handhaaf, help met die voorkoming van hartsiektes.
- Hawermout is laag in GI (glukemiese indeks) en voorsien langdurige energie.
Probeer hierdie slim truuks met Jungle Oats
- Voeg ’n eetlepel Jungle Oats by jou gesondheidskommel vir ontbyt om jou langer versadig te hou.
- Gebruik Jungle Oats in plaas van broodkrummels om hoenderrepies mee te bedek vir jou kinders se aandetes.
- Maak Jungle Oats-koekies as ’n snoephappie vir jou kinders na skool – dit is gesonder as sjokoladesplinterkoekies!
- Bak ’n kaaskoek met ’n verskil! Gebruik Jungle Oats as die basis in stede van koekies.