Foto deur Carel Stander
In Gesnaarde Gedigte gebruik sanger-liedjieskrywer Hilandi du Toit en aktrise June van Merch gedigte, musiek en emosies om kwessies soos mensegelykheid, geslagsgelykheid, rassisme, liefdeloosheid teenoor selfdegeslagverhoudings en die kerk se oproerings daaroor aan te spreek. Gedigte van weleer word getoonset en Van Merch, met haar ysterstem, vertolk van die oudste en mees geliefde Afrikaanse poësie. Du Toit vul die woordkuns met gevoelvolle kitaarspel aan en sing ook van haar oorspronklike liedjies. Sy tokkel akoestiese staalsnare, gaan maak ’n draai by die Spaanse flamenco en bring ’n sessnaarbanjo saam. Mari Borstlap behartig die regie.
Lees ook ons onderhoud met June van Merch
Verdere inligting
Plek: Drostdy-teater, Stellenbosch
Datums en tye:
3 Maart 2018 om 10h30
6 Maart 2018 om 20h30
10 Maart 2018 om 10h30
Kaartjies is beskikbaar by Computicket
Klik op hierdie YouTube-skakel en luister na een van Hilandi se verwerkings.