kategorieë: Drankies

Gesmoorde lamsnek en gorgonzola-pastei

Sy heerlike, dekadente lamspastei, wat ekstra diepte en rykheid kry met die byvoeging van gorgonzola en sweempies soet van ’n paar gedroogde dadels, lê heerlik lepel langs Zonnebloem se fluweelsagte Cabernet Sauvignon met sy aanloklike donkervruggeure. Hierdie wyn word gemaak van Stellenbosch-druiwe verbou deur families wat reeds geslagte lank aan Zonnebloem lewer. Hul lang verbintenis verseker druiwe van gehalte wat ferm en ryp is, met intense bessiekarakters.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gesmoorde lamsnek en gorgonzola-pastei met 2011 Zonnebloem Cabernet Sauvignon

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

500g lamsnek, gesny (been in)
1 groot wortel, grof gekap, met ewe veel uie en seldery, ook grof gekap
4 volle takkies vars tiemie
1 hele takkie roosmaryn
1 x 410g-blik gekapte tamaties
1 koppie 2011 Zonnebloem Cabernet Sauvignon
1 vel skilferdeeg (winkeldeeg), ontdooi in die yskas
Knypie meelblom
100g gorgonzola
5 tot 6 ontpitte dadels, grof gekap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

Voorverhit die oond tot 180°C.
1 Bestrooi die vleis met meelblom, skud oortollige meel af. Voeg olie by ’n diep, oondbestande pot en braai die vleis totdat dit gekaramelliseer het (’n paar minute).
2 Verwyder die vleis en sit dit eenkant.
3 Braai die wortel, uie en seldery in dieselfde pot tot sag. Voeg die kruie, geblikte tamaties en wyn by. Bring tot kookpunt en verlaag dan die temperatuur tot ’n ligte prut.
4 Sit die vleis terug in die pot. Voeg water by indien nog vloeistof benodig word. Bedek die pot en sit in die oond vir minstens twee uur. (Mens kan dit vir langer teen ’n laer temperatuur kook. Die ideaal is om dit regdeur die nag te laat kook teen ’n temperatuur van sowat 80ºC of laer, afhangende van die oond.)
5 Haal die pot uit die oond en kook oor matige hitte op die stoof, onbedek, totdat die sous met sowat die helfte verminder het. Dit moet dik en klewerig wees. Haal die vleis met ’n tang versigtig uit die sous. Die vleis behoort teen hierdie tyd maklik van die been af te val.
6 Laat dit toe om af te koel en versnipper dan die vleis voor dit teruggeplaas word in die sous.
7 Sorg dat die skilferdeeg uit die yskas is en kamertemperatuur bereik het teen die tyd dat die kookproses einde se kant toe staan. Bestrooi ’n werkoppervlak met meel en rol genoeg deeg uit om die pot te bedek.
8 Wanneer jy tevrede is met die digtheid van die sous, voeg die gorgonzola, ontpitte en grof gekapte dadels by en rol die deeg oor die pot om ’n deksel te vorm. Sny oortollige deeg af, maar laat toe vir krimping. Prik ’n paar gate in die deeg sodat die stoom kan ontsnap.
9 Plaas in ’n voorverhitte oond teen 180ºC en kook vir sowat 30 minute of totdat die deeg skilferig en goudkleurig is.
10 Verwyder en bedien net so, in die pot. Dit is ’n eenvoudige, onopgesmukte gereg en perfek vir ’n nat en koue dag.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

6 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

14 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

19 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

37 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.