kategorieë: Ontspanning

Geslagte se erfenis op Groot Phesantekraal gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar is baie om op die historiese Durbanville-plaas, Groot Phesantekraal, te vier: die vierde generasie-eienaars André en Ronelle Brink vier vanjaar die plaas se 326ste verjaardag, die restaurant het ‘n nuwe baadjie én sjef en daar is nuwe wingerd aanplantings om die plaas se wynreeks uit te brei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Boonop vier Durbanville volgende jaar sy 200ste bestaansjaar en in aanloop tot hierdie belangrike mylpaal, het die streek se wynprodusente ‘n reeks eksklusiewe proeë en etes saamgestel om twee pilare van hierdie buitengewone reis te vier: familie en erfenis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die historiese plaas, Groot Phesantekraal in die Durbanville wynvallei.

Elk van ses Heritage Series-proeë vind op ‘n ander, historiese plek plaas en word deur ‘n wynmaker of wingerdboukundige aangebied. Die ervaring is ‘n geleentheid om insig te kry in die verlede, maar ook die opwindende wynmaaktoekoms van hierdie bekroonde wynstreek van die Kaap.

Met ons aankoms het ons eers ‘n paar peuselhappies onder die potblou lentedag-hemel geniet met die plaas se Cap Classique Blanc de Blanc 2022 en toe ‘n proe van die vlagskipwyne met die wynmaker Richard Schroeder gehad.

Peuselhappies voor die proe en middagete.

Ons kon ook die plaas se nuwe sjef, Germaine Esau, op die plaas verwelkom en saam ‘n glasie vonkelwyn klink op sy aankoms. Ter ere van die ryk erfenis en verjaardag van die plaas, het die Brinks saam met Germaine hul eetplek heropen om, soos die plaas se wyne, ‘n gevoel van outentieke, vrygewige gasvryheid te wek – ryk aan heerlike plaaslike geur, gemeenskap en hart.

Die plaas se nuwe sjef, Germaine Esau.

“Ons is so deel van die geskiedenis van ons omgewing hier in Durbanville. Hierdie plaas, wat in 1698 gestig is, is een van die oudstes in die streek,” verduidelik André (Oubaas) terwyl ons die mooi dekor van die restaurant en proelokaal geniet.

“Ons is hier vir die verlede, die hede en die toekoms, met ons nuwe restaurant wat ons diepgewortelde verbintenis met hierdie land beklemtoon in ons kos, in ons wyn, in goeie geselskap, in gemeenskap, in gees en in siel. Dit is waaroor ons gaan.”

Ronelle Brink (vierde generasie Brink en mede-eienaar), Richard Schroeder (wynmaker) en Natasha de Villiers (Durbanville Wynvallei bestuurder) klink ‘n glasie van die plaas se Cap Classique.
Die restaurant spog ook met ‘n nuwe baadjie.

Na ‘n vinnige draai deur die kelder wat verlede jaar voltooi is en voorheen die ou melkstal was, waar 500 ton verwerk kan word, is almal na die plaas se historiese herehuis, waar Oubaas en Ronelle woon. Die oorspronklike herehuis dateer uit 1720 en is in 1810 ge-Victorianiseer, maar die Brinks het dit in 2002 sensitief gerestoureer en die leiklipteëls met die tradisionele grasdak vervang.

Die restourasie het gebrande dakbalke aan die lig gebring, wat aandui dat die dak oorspronklik grasdak was, maar dit het waarskynlik verskeie kere oor die eeue gebrand.

‘n Interessante ontdekking tydens restourasie was die oorspronklike waterput wat langs die huis geleë is. Dit is uitgevoer met klippe van die Ijsselmeer in Holland, wat aandui dat dit tydens die Nederlandse besetting in die 18de eeu gebou is.

Die kelder en proelokaal is verlede jaar voltooi.
Oral is die plaas se ryk erfenis te sien.

Die ander buitegeboue op die plaas, wat ook uit die 18de eeu dateer, is ook gerestoureer. Om die langtafel vertel Oubaas dat hy en Ronelle in 1996 amptelik die plaas se leisels oorgeneem het. Terwyl Groot Phesantekraal al eeue lank wingerd verbou het, was dit hoofsaaklik bekend vir graan-, bees- en skaapboerdery totdat die Brinks in die laat 1990’s begin wingerde plant het.

“Soos Durbanville het die plaas ‘n baie lang geskiedenis, trouens ouer as Durbanville self. Die area is formeel in 1886 Durbanville gedoop, hoewel die plaas amper 190 jaar tevore gestig is.

“Dit is die eerste keer in 1698 aan Olof Bergh – ‘n vroeë Sweeds-Suid-Afrikaanse ontdekkingsreisiger en prominente kleurvolle karakter van die vroeë Kaapse geskiedenis – toegeken.”

Sy vrou was Anna de Koning, die dogter van Angela van Bengale (genoem “Maai Ansiela” of Skone Angela). Angela het uit Bengale aan die Kaap aangekom met drie kinders, waarvan Anna een van hulle was, en hulle is as slawe aan Jan van Riebeeck verkoop. Toe Van Riebeeck die Kaap in 1662 verlaat, verkoop hy die gesin aan Abraham Gabbema, wat hulle in 1666 bevry het toe hy op sy beurt die Kaap verlaat het. Angela het toe grond in die Heerengracht (tans Adderleystraat, Kaapstad se Hoogstraat) gekoop en word dus beskou as die eerste swart persoon wat grond in die kolonie besit het.

Angela se dogter Anna het met Olof Bergh getrou, wat ondanks die feit dat hy tronk toe gestuur is omdat hy die skat van ‘n gesinkte skip gesteel het, is later gerehabiliteer en in die regering herstel is en het ‘n baie ryk grond-eienaar geword. Die egpaar het 12 kinders gehad en het weelderig gelewe.

Met Olof se dood in 1724, het Anna sy hele boedel en rykdom geërf, baie ongewoon in daardie tye vir beide ‘n vrou en ‘n vrygestelde slaaf om ‘n gesogte grond-eienaar te wees.

Die eiendom is oor verskeie generasies gekoester en rekords toon dat dit teen die 1820’s die tweede grootste koringproduserende plaas in die distrik was.

Die plaas is oorgedra van die Bergh-familie na die Louw-familie wat etlike geslagte daar gewoon het voordat dit uiteindelik in 1897 deur Arend Brink verkry is. Terwyl die Brink-familie in die Kaap ontstaan het, was Arend ‘n vervoerryer tussen die diamant- en goudvelde op. noord voordat hulle op dié plaas aan die buitewyke van Durbanville gevestig het.

Oubaas en Ronelle maak sedert die laat 1990’s wyn op Groot Phesantekraal. Hulle twee seuns het onlangs by hulle aangesluit: Arend Daniel Jacobus (Rennie) het ‘n graad in rekeningkunde van die Universiteit Stellenbosch en is besig met die besigheidskant van die boerdery, terwyl Jean Andre Jordaan (Jeandre) onlangs met ‘n landbougraad gegradueer het. Hy bestuur die beeste, skape en wild. Suster Marizanne het onlangs haar studies in Bedryfsingenieurswese voltooi en het haar professionele loopbaan begin.

Oubaas en Ronelle Brink in die historiese herehuis voor ou familiefoto’s.

Die naam Groot Phesantekraal is egter eers in 2017 formeel gestig deur die hedendaagse Brink Familie en op die rug van die aanvanklike marksukses van hul wyne. Dit het voortgegaan om ‘n internasionale reputasie te verwerf.

Die lieflike wyne wat ons tydens die kuier kon proe, was die plaas se Chenin Blanc 2023 en 2024, Marizanne 2021 en 2023 (vernoem na die Brinks se dogter), Syrah 2021 en 2023 en die Berliet 2021 en 2023 (tenkvoorbeeld). Die Berliet, die plaas se vlagskiprooi, is vernoem na hul klassieke ou motor wat sedert die 1960’s ‘n bekende gesig in die omgewing is.

Die Syrah is een van die gewilde rooiwyne wat jy hier kan geniet.
Die Berliet, die plaas se vlagskiprooi, is vernoem na hul klassieke ou motor wat sedert die 1960's 'n bekende gesig in die omgewing is.

Richard het vertel dat die plaas bekend wil wees as die tuiste van koel klimaat Chenin Blanc. “Ons was die eerste plaas in die vallei wat Chenin Blanc gemaak het – in ‘n streek wat baie bekend is vir sy koel klimaat Sauvignon blanc. Ons wil graag uitstaan as die Huis van Chenin in Durbanville. Ons vatverouderde Chenin blanc is ‘n perfekte ode aan die formidabele Anna de Koning.

Groot Phesantekraal wil in die toekoms bekend wees as die Huis van Chenin in Durbanville en was die eerste plaas wat dit in die vallei geplant het.

Oubaas het bygevoeg dat die plaas ‘n ware familiebesigheid is met 850 ha in totaal waarvan net 80 ha wingerd is, is die res saaigrond. “Ons inkomste is rofweg 12% van wyndruiwe, 50% van graan en 25% van vee.

“Ons bring jaarliks 1200 ton druiwe in en verkoop baie druiwe aan ander wynplase.”

Middagete van tradisionele geregte soos braai-aartappels en fyngesnyde skaapboud en malvapoeding is met die Groot Phesantekraal Anna de Koning 2022 en 2023; en die Cabernet Sauvignon 2021 wat heel gepas die 1897 heet, wat die jaar wat die Brinks die familie gekoop het, gedenk, geniet.

Middagete van tradisionele geregte soos braai-aartappels en fyngesnyde skaapboud en malvapoeding is met die Groot Phesantekraal Anna de Koning 2022 en 2023; en die Cabernet Sauvignon 2021.
Erfenis en tradisie kan nie behoorlik gevier word sonder malvapoeding nie!

Lees ook: Nuwe restaurant in Kaapse Waterfront fokus op Afrika-kos

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Heuningkraaklekkers met sjokolade

Mmmm, heuningkraaklekkers met donkersjokolade! Resep deur Vickie de Beer

2 hours Gelede

12 tekens wat wys dat jou depressie beter is

Werk jou antidepressant regtig? Soms werk dit, soms nie. Toets hier of jy tekens van…

6 hours Gelede

‘Klein paradys’: Hier is die spanne wat vir R1 miljoen meeding

Soos die gesegde lui: klein, maar getryn. Kleiner leefspasies het die afgelope tyd al gewilder…

1 day Gelede

Kaasfrikkadelle

Hierdie frikkadelle vries baie goed. Ek verdubbel soms die hoeveelheid en maak vleiskoekies vir hamburgers…

1 day Gelede

Kinders: kos wat slim maak

Kinders leer en presteer op hul beste as hul brein gevoed word met die regte…

1 day Gelede

Cintaine Schutte oor haar rol in ‘Wyfie’: “Mense moet gesprekke hê oor hierdie goed”

Wyfie het ’n toekenningsmasjien vir Showmax geword, met pryse by MIP Africa en die Silwerskermfees, en…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.