’n Lekker bederf
Hierdie Moroccan Myrrh gegeurde skeer-seep van Crabtree & Evelyn klink luuks en heerlik. (R650)
Alles-in-een
Hierdie stelletjie van Sh’Zen bevat als wat Pa nodig het vir die perfekte velsorgroetine. Sh’Zen EnneaEssenceTM Everyday Facial Wash (R219); EnneaEssenceTM Hydrating Lotion SPF 15 (R279); EnneaEssenceTM Recovery Treatment (R339); EnneaEssenceTM Ultra Calming Shaving Cream (R179)
’n Gunsteling
Issey Miyake L’Eau d’Issey Pour Homme se geskenkstel bevat ’n 125 ml EDT Spray + 75 ml Stortjel + Reis-sakkie (R1 175)
Vir elke Pa
Iets wat elke Pa in hul velsorgroetine moet insluit is ’n gesigskrob en ’n strelende room vir wanneer hy klaar geskeer het. Ons hou veral van Beaucience For Men Facial Scrub (R69,99 vir 220ml) en Beaucience For Men Aftershave Balm (R139 vir 75ml)
Vervrissende geur
Avon Elite Gentleman Untailored EDP (R370) is ’n vars en vervrissende geur.
Vir Pa se baard
Die Bluebeards Revenge Barber Bundle Kit (R1 074 beskikbaar by www.everythinghair.co.za) is ’n luukse versameling van moet hê skeer-bykomstighede. Die versameling bevat die volgende: 1x Pre Shave Oil; 1x Shaving Cream; 1x Post Shave Balm; 1x “Doubloon” Bristle Shaving Brush; 1x Shavette “Cut Throat” Razor; 1x Shaving Towel.
Handige stelletjie
’n Manikuur-stelletjie spesiaal vir mans – ons hou van hierdie alles-in-een naelstelletjie van Typo (R149,99). Nou hoef Ma se naelstelletjie nooit weer te verdwyn nie!
Pa se eie gesigolie
Hierdie Tom Ford Skin Revitalizing Concentrate (R1 995) is die ideale gesigolie vir mans wat sukkel met ’n droë vel. Dit is hoog in anti-oksidante en laat die gesig varser en meer jeugdig voorkom.
Die tydlose man
Die nuwe Mont Blanc Legend Spirit (R595 vir 30ml; R895 vir 50ml; R1 095 vir 100 ml) word beskryf as ’n houterige aromatiese geur, ideaal vir die tydlose man. Jy ruik vervrissende bergamot, pienk peper en pomelo, daarna laventel op die middel note en hout, en eindig met geure van wit muskus en eikehout-mos.
Vir ’n sensitiewe vel
Nivea se jongste velsrogreeks vir mans sluit produkte in vir mans wat sukkel met ’n sensitiewe vel. Nivea Sensitive Cooling Post Shave Balm (R99,99 vir 100ml) Nivea Sensitive Cooling Shaving Gel (R74,99 vir 200ml).
Wen! 3 gelukkige Pa’s kan die volgende geskenkpak wen:
[gravityform id=”49″ title=”true” description=”true”]