kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Geskei: alleen op Kersdag

Geskei: alleen op Kersdag deur Sinta Ebersohn. Versorg deur Mariette Snyman. Foto pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Aanvaar dit

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis vir seker nie ideaal nie, maar dis die realiteit van geskei wees. Jy kan tob oor alles wat jy verloor het, of dit sien as ’n ruim geleentheid om positiewe veranderinge te maak, jouself te hernu, en ’n geseënde toekoms tegemoet te gaan. Leer jou kinders om veerkragtig te wees en probeer uitsien na ’n nuwe wyse om Kersfees te vier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die ander nadraai van egskeiding

2 Laat vaar die skuldgevoelens

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis onnodig om al die blaam vir die huidige situasie op jou skouers te laai (of op dié van jou eks.) Julle skeiding of egskeiding het julle lewens onweerlegbaar verander, en dis in orde so. Vergewe jouself (en jou eks) vir die foute wat julle gemaak het, en beweeg vorentoe – met entoesiasme, as jy kan. Om op skuldgevoelens te fokus is regtig nie ’n goeie manier om die feestyd te benader nie.

Lees ook: Etiket vir funksies wat jy en jou eks moet bywoon

3 Hou vas aan die gees van Kersfees

Hou die doelstelling en betekenis van Kersfees in gedagte. Fokus daarop om ’n houding van versoening, vergifnis en genade te weerspieël. Leef jou persoonlike oortuigings uit en vier die rituele wat jou aanspreek sonder inhibisies, maar hanteer jou eks en sy  mense se oortuigings en rituele ook met respek. Stel ’n goeie voorbeeld vir jou kinders; hulle vier ook Kersfees, en hulle vier dit boonop sonder jou.

Lees ook: Maak self ’n Kerskrans

Bring die dag deur met dinge of aktiwiteite waarvan jy hou

4 Minimaliseer die druk

Laat vaar die druk wat jy altyd op jouself geplaas het om die feestyd ’n besonderse geleentheid vir almal te maak. Die verantwoordelikheid rus nie slegs op jou skouers nie. Afhangende van jou kinders se ouderdomme, kan jy hulle aanmoedig om self iets te doen om die feestyd spesiaal te maak. Elke lid van die familie speel ’n rol in die feesvierings.

Lees ook: Egskeiding hoef jou nie te breek nie

5 Geniet dit om op jou eie te wees

Hanteer jouself met deernis en begrip, en hou jou emosionele toestand in gedagte wanneer jy besluit hoe om die dag deur te bring. Moet jouself nie dwing om iets te doen of iewers te wees as jy nie daarmee gemaklik is nie. Bring die dag liewer deur met dinge of aktiwiteite waarvan jy hou – dalk selfs op ’n manier wat nie moontlik is wanneer die kinders by jou is nie. ’n Bietjie kwaliteittyd in jou eie geselskap en genoeg rus kan jou batterye vir die nuwe jaar herlaai.

Lees ook: Leëstoel-Kersfees

6 Hou op om vir jou eks verantwoordelik te voel

Jy is nie verantwoordelik vir die manier waarop jou eks die reëlings in die feestyd hanteer nie. Al voel jy jou eks se benadering is onbedagsaam, kwaadwillig of selfs doelbewus kwetsend, help dit nie jy buig agteroor om daarvoor te probeer vergoed nie. Elke ouer moet ’n afsonderlike lewe leef, en die kinders moet op ’n realistiese wyse by die verskille aanpas. Jy het geen beheer oor hoe jou kinders Kersfees saam met hulle ander ouer deurbring nie.

Lees ook: Egskeiding: Kinders vir die naweek

Skep nuwe Kerstradisies saam met jou kinders

7 Moenie ’n las op jou kinders lê nie

Hoe aaklig jou vooruitsigte vir die Kerstyd mag wees, en hoe jy ookal daarteen opsien, mag jy nie jou kinders met jou pyn opsaal nie. Hulle kan nie suksesvol by die situasie aanpas en Kersfees geniet as hulle skuldig voel omdat jy alleen is, of as hulle vir jou jammer voel omdat hulle nie by jou is nie. Dit doen hulle ook glad nie goed om heeltyd oor jou te bekommer nie. Stel hulle vry van die verantwoordelikheid wat hulle mag voel, en moedig hulle aan om Kersfees te geniet.  As jy die verligting in hul oë sien, sal jy al klaar beter voel!

Lees ook: Egskeiding: Salf teen die seer

Jou kind en egskeiding

8 Wees prakties

Skep nuwe Kerstradisies saam met jou kinders en vier Kersfees voor of na hulle terugkeer. Beplan vooruit om seker te maak jy het iewers om heen te gaan indien jy nie alleen wil wees nie. Reël vooraf hoe jy hulle gaan kontak en ’n geseënde Kersfees toewens, waar hulle ookal gaan wees. As jy en jou eks ’n goeie verhouding het en indien julle onderskeie gesinne daarmee gemaklik is, kan julle Kersfees saam deurbring.

Lees ook: Hou ’n oop deur vir pa

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

1 hour Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.