kategorieë: ReisOntspanning

Gesinswegbreek: The President Hotel, Kaapstad

Gesinswegbreek: The President Hotel, Kaapstad deur Suzanne Kotzé. Foto’s: Suzanne Kotzé, hooffoto verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Almal met jong kinders weet ’n gesinswegbreek draai maar om aktiweite om die kleinspan besig te hou – aktiwiteite wat die ouers gewoonlik stokflou laat en amper desperaat laat terugdink aan die dae voor die kinders, toe jy net luilekker kon teruglê, jou boek kon lees en ’n skemerkelkie kon drink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

By The President Hotel, Bantry Bay, Kaapstad – wat pas ’n nuwe baadjie gekry het – is dit presies wat ons gedoen het! Ons twee seuns (6 en 9) het die speel-area, springkasteel en swembad (ja – hulle het geswem in die winter) so geniet dat Ma en Pa luilekker op die sonbeddens langs die swembad kon lê en boek lees met lang skemerkelkies in die hand. Sonder om die heeltyd bekommerd te wees dat hulle ander gaste pla, want die hotel is kindervriendelik. Die kinders het dit so geniet dat ons selfs ons uitstappies vir die dag gekanselleer en net by die hotel gebly het!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons gesin het ’n naweek in The President Hotel deurgebring en is bederf met ’n tweeslaapkamerwoonstel met ’n balkon met ’n pragtige uitsig oor die swembad en die see. Tydens ons aankoms het daar peuselhappies, koeldrank en wyn in ons woonstel gewag. Daar was selfs ’n boek vir elke seuntjie om saam te neem huis toe.

Die kinders se kamer met die geskenkboekies

Die kinders was in ekstase oor hulle eie kamer en badkamer en die beste van alles – volgens hulle – hul eie TV in hulle kamer. Nog iets wat baie handig is, is dat jy onder jou eie Netflix-rekening kan inteken en op een van die drie TV’s na Netflix kan kyk.

Ons oopplan sitkamer en kombuis (met eetkamertafel, eetgerei en ‘n yskas) het groot vensters en ‘n skuifdeur gehad met ‘n pragtige see-uitsig. Die hoofslaapkamer is ook en-suite met ‘n heerlike ruim badkamer en ‘n skuifdeur en balkon.

Psst: Pak gerus ekstra koeldrank en peuselhappies in as jou kinders, soos ons s’n, aanhoudend dors en honger is. Hulle mag jou andersins net bankrot eet 🙂

Die klein sjefs maak hul eie pizza

Vrydagaande eet twee kinders tussen 5 nm en 8 nm gratis pizza indien hulle vergesel word deur twee volwassenes wat elkeen ‘n hoofmaaltyd bestel. Ons het natuurlik hierdie opsie gekies, en die lekkerste van alles is dat die speel-area naby die restaurant is en daar selfs oppassers is wat die kinders in die speel-area dophou. Die kinders kry ook die geleentheid om hulle eie pizza te maak, kompleet met ‘n sjefhoed en voorskoot! Ma en Pa het heerlik aan seekos gesmul terwyl die seuns hulle pizza geniet het.

Heerlike mossels

Die onbytbuffet is heerlik, met ‘n reuse verskeidenheid keuses van graankosse tot vrugte en ‘n warm ontbyt. Vir die seuns was die heel opwindendste die “pannekoek”-masjien. Jy druk ‘n knoppie en wag dan vir jou Amerikaanse styl pannekoeke om gemaak te word. Dit val op jou bord uit. Ons het buite op die terras langs die swembad (wat ook ‘n see-uitsig het) ontbyt geniet terwyl die seuns heen en weer tussen die pannekoekmasjien, ons tafel en die speel-area gehardloop het. Wees net bedag op die “stoute seevoëls” wat blitsig op jou tafel kan neerdaal om kos te steel!

Die speel-area vir die kinders is lieflik; dit het alles van tee-pee tente om in te speel tot ‘n klimgim, swaaie, glyplank en ‘n lekker springkasteel. Soos reeds genoem, het ons die hele Saterdag hier deurgebring terwyl die kinders rondgebons en geswem het. Ons het sommer middagete langs die swembad geniet.

Laatmiddag het ons afgestap na die strand, net in die straat af van die hotel. ‘n Heerlike gesinstappie op die promenade en ‘n rotsklim- en speelsessie op die strand later het ons vinnig teruggeloop hotel toe om die allermooiste sonsondergang van ons balkon af te beskou. Vir aandete het ons room service bestel, op aandrang van die seuns wat dit natuurlik baie opwindend gevind het.  Ons het heerlik op die balkon sit en eet met die gedruis van branders en die reuk van seelug. Daar is ‘n hele paar restaurante binne stapafstand van die hotel as jy die area wil verken.

Suzanne en die kinders op die strand

Na ‘n lang ontbyt en speelsessie Sondag het ons op die rooi bus van City Sightseeing, wat ‘n halte net ‘n blok van die hotel af het, geklim. Die seuns se kaartjies was gratis. Met hulle spesiale winteraanbieding (geldig tot 1 Oktober) kan drie kinders onder 18 gratis saam met elke volwassene ry: www.citysightseeing.co.za

Sonsondergang van die balkon

Dit hotel se spesiale winteraanbieding geld tot einde Septemer 2019 – hiervolgens bly kinders onder 12 gratis! En jy kry 35% afslag op ‘n een- of tweeslaapkamerwoonstel. Dit beteken dat jy vanaf slegs R1 877 (vir ‘n eenslaapkamerwoonstel) met jou gesin kan oorbly! Ons is sommer dadelik van plan om ‘n paar gesinne bymekaar te kry en ‘n Vrydagaand by The President Hotel te bespreek: presidenthotel.co.za/family-special/

Die seuns geniet die swembad

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.