Voorverhit die oondrooster-element. 1. Spuit 8 x 180 ml-vorms met kleefwerende kossproei. Sit die vorms op ’n bakplaat en hou eenkant. 2. Meng die gelatien en water in ’n klein bakkie goed met ’n vurk deur en laat staan eenkant. 3. Pak die witsjokolade op die bakplaat en rooster vir 5-10 sekondes aan elke kant. Staan by met die deur effens oop - die sjokolade brand vreeslik vinnig. 4. Haal uit sodra die sjokolade effens goudbruin verkleur - dis voldoende, anders brand dit. Sit die oond af. 5. Kook die sjokolade, room, suiker en vanielje in ’n groot kastrol oor lae hitte vir 5 min. of totdat die sjokolade smelt en die mengsel glad is. Roer gedurig. 6. Gooi die sjokolademengsel deur ’n sif en meng die gelatien in die warm sjokolademengsel in. Gooi in die voorbereide vorms. Bedek met kleefplastiek en sit vir 5-8 uur of oornag in die yskas tot gestol. 7. Roer net voor opdiening die druiwe, pruime en amaretto versigtig in ’n mengbak deur. 8. Doop elke vorm in warm water om die uitkeerslag makliker te maak. Sit saam met die druiwesalsa op ’n dienbord voor.Geroosterde witsjokolade-panna cotta
Ingredients
Instructions