Serves: 6 as ’n bygereg of maak ’n lekker pizza daarmeeNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
1 klein bossie beet, geskil en in kwarte gesny
1 klein bossie rape, in kwarte gesny
500 g (1 pakkie) klein wortels
6 heel knoffelhuisies
10 salotte, geskil
30 ml (2 e) balsemiekasyn
60 ml (¼ k) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper na smaak
vars tiemie
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Instructions
Borsel die knolgroente skoon onder lopende water. Meng al die groente. Meng die olie en balsemiekasyn en gooi oor die groente. Meng goed tot die groente met die olie bedek is.
Sit die groente op ’n bakplaat. Geur met sout, peper en tiemie.