Sit die varkrol, pere en uie in ’n bakpan en smeer met olyfolie. Geur met sout en swartpeper. Vryf die paprika en karwysaad oor die vark.
Rooster vir 1-1½ uur, afhangende van die grootte van die nek.
Maak intussen die sous. Smelt ’n bietjie van die botter in ’n middelslagkastrol en braai die knoffel tot sag. Voeg die port en hoenderaftreksel by en kook tot omtrent ’n derde van die sous oor is.
Haal die varknek uit die oond en verwyder uit die bakpan. Hou eenkant. Skep die vet uit die pan en voeg die sous by. Kook oor matige hitte tot die sous tot 1 koppie verminder het. Voeg die res van die botter blokkie vir blokkie by en meng goed. Geur met sout en peper. Sny die vark in dun skywe en sit met die portsous en groente van jou keuse voor.