Instructions
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Vlek die varklende oop: Sny met ’n skerp mes ’n keep aan die sykant en sny dan heeltemal oop. Smeer die binnekant met die mosterd en geur met sout. Hou eenkant.
3 Verhit die botter in ’n pan oor matige hitte. Braai die ui, knoffel, appels en heuning vir 6-8 min. daarin tot goudkleurig.
4 Meng die appelmengsel, vye, salie, pietersielie, vinkel, knoffel en grondboontjies. Geur met sout en swartpeper. Vul die lende met die appelmengsel, rol toe en maak met kombuistou vas.
5 Versprei die uie en lourierblare in ’n oondpan en sprinkel olyfolie oor. Sit die vark op die uie. Moenie sout of olie oor die vet van die lende gooi nie, want dit maak die vel taai en dan word dit nie lekker bros onder die rooster nie. Bak vir 45 min.
6 Skakel die oondrooster aan en rooster vir nog 5-10 min. of totdat die vel bros is en blasies bo-op vorm. Hou maar mooi dop, want dit brand maklik. Draai die pan met die roosterslag sodat die vel eweredig bros raak. Knip die toue af en sny die vleis in dik skywe.
Oosterse pampoenkoekies
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Sit die pampoen in ’n oondpan. Sprinkel olyfolie oor en geur met sout en swartpeper.
3 Rooster die pampoen vir 35-40 min. of tot goud-kleurig. Haal uit en druk met ’n vurk fyn.
4 Meng die pampoen, koekmeel, sout, bakpoeier, eiers, koljander, lemmetjieskil, knoffel, gemmer en rooi brandrissie.
5 Verhit die botter in ’n braaipan oor matige hitte en braai eetlepels van die pampoenbeslag daarin vir 2 min. aan elke kant of tot goudkleurig.