Ons het mooi middelslagtamaties met hul stingels ontdek. Dit is Campari-tamaties en werk perfek vir die tertjies. Gebruik andersins kersietamaties en sit drie op elke tertjie.
Geroosterde tamatietertjies met basiliekruidroom
Serves: 8 tertjies
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 8 middelslag- ryp tamaties met stingeltjies aan
- 15 ml (1 e) olyfolie
- growwe sout
- 120 ml mascarponekaas
- 10 ml (2 t) Dijon-mosterd
- 400 g (1 rol ) klaarbereide blaardeeg
- 1 eiergeel, liggies geklits
- 60 g (sowat 2 pakkies) basiliekruid - hou 8 blaartjies uit vir garnering.
- 600 ml room
- sout en gemaalde swartpeper
- Voorverhit die oond tot 190 °C.
Instructions
- Sny die onderkant van die tamaties gelyk sodat hulle regop kan staan. Sprinkel olyfolie oor en geur met sout. Rooster vir 15 minute tot die tamaties sag en effens verrimpeld is.
- Rol die blaardeeg effens platter op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Druk met ’n koekiedrukker 8 sirkels met ’n deursnee van 8 cm uit die deeg. Los ’n rand van 1 cm en prik die middelste gedeelte van die deeg met ’n vurk.
- Meng die mascarponekaas en mosterd. Smeer sowat 15 ml (1 e) van die mascarpone-mengsel in die middel van elke deegsirkel. Sit die geroosterde tamatie in die middel.
- Verf die buitenste rand met eiergeel. Bak vir 20 min. tot goudbruin en gaar.
- Maak intussen die basiliekruidroom: Bring die room en basiliekruid in ’n kastrol tot kookpunt. Haal af en laat staan vir 3 min. sodat die geur kan ontwikkel. Verwerk in ’n voedselverwerker tot die basiliekruid fyn is.
- Sit voor saam die tamatietertjies. Tooi elke tertjie met ’n mooi, vars basiliekruidblaartjie.
Rooi Rose
Lees Meer
Beste, maklikste sjokoladekoek!
27/01/2025
Pistasieneut-en-bosbessie-nougat
24/01/2025
Nektarientert
23/01/2025