Geroosterde suurlemoen-en-paprika-hoender
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Genoeg vir 6
- 2 werfhoenders van sowat 1,4 kg elk
- 15 ml (1 e) gerookte of gewone paprika
- Gerasperde skil van 2 suurlemoene
- 10 ml (2 t) knoffel, gekap
- 125 ml (½ k) olyfolie
- 10-15 ml sout
- 1 suurlemoen, in kwarte gesny (gebruik sommer die gerasperde suurlemoen)
- 4-6 lourierblare
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Meng die paprika, suurlemoenskil, knoffel en olyfolie.
2 Sit die hoenders in ’n oondpan, geur met sout (ook die binnekante) en smeer die paprikamengsel oor. Druk die suurlemoenwiggies en Lourierblare in die binnekante in.
3 Rooster vir 1 uur 20 min. of tot Goudbruin en gaar. Laat afkoel en sny in stukke. Sit koud of warm voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Hoender-en-kekerertjie-kerrie
15/01/2025
Varkrafeltjie-vleis met karamelpynappels
13/12/2024