5 ml (1 t) masala-kerriepoeier, ons het hoendermasala gebruik
30 ml (2 e) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper
’n hand vol vars kerrieblare, beskikbaar by speserywinkels en soms Fruit and Veg City
’n lourierblaar
’n skyfie vars gemmer
1 kaneelstokkie
1 suurlemoenwiggie
1 kg botterskorsie, in blokkies gesny
30 ml (2 e) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 ºC. 1 Meng die heuning, kaneel, mosterd, suurlemoensap, komyn, masala en olyfolie in ’n mengbak en hou eenkant. Geur die hoender met sout en peper. 2 Sit die kerrieblare, lourierblaar, gemmer, kaneelstokkie en suurlemoenwiggie in die holte van die hoender. 3 Lig die vel van die hoender op en smeer met van die speserymengsel. Verf die buitekant van die hoender met die speserymengsel en laat vir 20 min. in die yskas rus. 4 Sit die botterskorsie op ’n bakplaat, sprinkel olyfolie oor en geur met sout en gemaalde swartpeper. Sit die hoender op die botterskorsie en rooster vir 1-1½ uur. 5 Sny in stukke en sit voor met botterskorsie en naanbrood (klik hier vir resep)