Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Suid-Afrikaanse mozzarella smaak net nie soos Italianse mozzarella nie. Ek marineer die mozzarella in ’n bietjie crème fraîche en geur dit liggies met sout om daardie sysagte, amper melkerige tekstuur van die ware Jakob te kry.
2 groen soetrissies
2 geel soetrissies
2 rooi soetrissies
olyf- of avokado-olie om oor te sprinkel
Mediterreense slaaisous
2 ansjovisfilette, fyn gekap
125 ml (½ k) olyf- of avokado-olie
sap van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) witwynasyn
3 knoffelhuisies, gekneus
1 rooi rissie, pitte verwyder en fyn gekap
15 ml (1 e) heuning
sout en gemaalde swartpeper
hand vol roketblare
250 ml (1 k) groot, sagte mozzarellakaas soos buffel- (buffalo) mozzarella, in stukkies geskeur
125 ml (½ k) crème frâiche
Maldon-sout
100 g (1 pakkie) dennepitte (of sonneblomsade), gerooster
hand vol basiliekruidblare
Instructions
Voorverhit die oond tot 220 ºC.
1 Pak die soetrissies op ’n oondpan en sprinkel olie oor. Rooster vir sowat 20 min. tot sag - die harde, deurskynende skilletjies sal begin wegtrek van die vlees af. Laat staan tot effens afgekoel. Trek die skilletjies af, verwyder die pitte en stingels en sny in kwarte. 2 Marineer intussen die mozzarella in die crème frâiche en geur liggies met Maldon-sout. 3 Slaaisous: Meng die ansjovisfilet, olie, suurlemoensap, asyn, knoffel, rissie en heuning. Geur na smaak. 4 Meng die soetrissies, roketblare en mozzarella (asook die crème fraiche-marinade) in ’n dienbak. 5 Gooi die slaaisous, dennepitte en basiliekruidblare oor.