Maak kits-aïoli deur 2 fyn gemaakte knoffelhuisies by 1 koppie gehaltemayonnaise in te roer.
• 1 liter melk
• 750 ml (3 k) water
• 10 ml (2 t) sout
• 350 g growwe polenta vars gemaalde swartpeper
• 100 g botter, in blokkies gesny
• 125 ml gerasperde parmesaan ’n paar takkies vars tiemie
• 100 g (1 pakkie) kalamataolywe, ontpit en fyn gekap
• olyfolie
Instructions
Verhit die melk, water en sout in ’n groot kastrol tot kookpunt.
Voeg die polenta in ’n dun straaltjie by. Roer deurentyd. Kook vir sowat 15 min. tot die polenta gaar is en van die kante van die kastrol wegtrek.
Haal af en geur met gemaalde swartpeper. Voeg die botter, parmesaan, tiemie en olywe by. Meng goed.
Skep die mengsel op ’n bakplaat en versprei eweredig tot die polenta sowat 1 cm dik is. Laat set in die yskas. Maak intussen die aïoli.
Sny die polenta in driehoeke, verf met olyfolie en rooster die polentastukke op ’n baie warm riffelpan tot goudbruin aan albei kante. Moenie die polenta te vroeg omkeer nie, dit sal breek - die skyfies moet losskroei van die pan af.