Deur Mokgadi Itsweng vir Juicy Delicious
Bedien 4-6
Bestanddele
400g perskes, geskil en gekap
100g ryp tamaties, gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en gekap
½ komkommer gekap
1 brandrissie fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gerasper
Sap van 1 suurlemoen
1 Eetlepel vars kruisement, fyn gekap
1 Eetlepel pietersielie, fyn gekap
1 tl suiker
Sout en peper na smaak
1 perske, geskil, ontpit en gekap
Salsa bolaag (opsioneel)
40g komkommer, in klein blokkies gesny
1 tl kruisement gekap
1 tl pietersielie, gekap
METODE
Voorverhit oond tot 200°C
Plaas die helfte van die perskes op ‘n bakplaat en rooster dit vir 15 minute tot effens bruin.
Haal die perskes uit die oond en laat afkoel
Plaas al die bestanddele insluitend die geroosterde perskes in ‘n voedselverwerker en meng totdat die vrugte en groente fyn gemeng is.
Proe-toets en pas die geurmiddels na jou smaak aan.
Skep die mengsel in ‘n fles of bak en laat vir 2 ure in die yskas afkoel voor opdiening
Meng die gekapte perske, komkommer en kruie saam
Sit die gazpacho voor in glase, bedek met perske-en-komkommersalsa
Lees ook: Heerlike Kersfees pruim-pakkies