kategorieë: GebakKosSomerkos

Geroosterde peer-en-amandel-koek

Resep deur Vickie de Beer. Foto Lee Schwagele crphotographic.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• 4 klein pere, afgeskil en middeldeur gesny, ons het die klokhuise gelos, maar jy kan dit uithaal
• 2 e (30 ml) olyfolie
• ½ k (125 ml) heuning
• ’n hand vol vars tiemietakkies
• 200 g bruismeel
• 4 t (20 ml) bakpoeier
• 4 t (20 ml) fyn gemmer
• 200 g strooisuiker, plus ekstra om oor te sprinkel
• 200 g amandelmeel
• 4 e (60 ml) vars tiemie, blare afgestroop
• 6 eiers, liggies geklits
• 200 g botter, gesmelt
• ½ k (125 ml) geglaseerde gemmer in stroop, gedreineer en ruweg gekap
• 3 e (45 ml) gevlokte amandels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Voorverhit die oond tot 200 ˚C. Spuit ’n 25 cm-losboomkoekpan deeglik met kossproei.
2 Sit die pere op die bakplaat. Bedruip liggies met olyfolie en heuning en sprei die tiemietakkies bo-oor uit. Rooster die pere vir sowat 30 min. Draai hulle elke 10 min. om sodat hulle aan albei kante karamelliseer. Haal uit en laat afkoel.
3 Verlaag die oondtemperatuur tot 180 ˚C.
4 Sif die bruismeel, bakpoeier en gemmer in ’n mengbak. Voeg die suiker, amandelmeel en tiemie by en meng goed.
5 Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele. Voeg die eiers, botter en geglaseerde gemmer by die droë bestanddele en meng goed.
6 Gooi die mengsel in die voorbereide koekpan, rangskik die pere op die koekbeslag en strooi die gevlokte amandels oor die deeg maar nie op die pere nie.
7 Bak vir 45-50 min. of tot goudbruin en ’n toetspen skoon uitkom.

Lees ook: Appel-peer-en-karamel-tert

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Peer-en-okkerneut-koekies

Lees ook: Goue amandel-peertjies & sjokolade-vrugtetertjies

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

11 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

22 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.