kategorieë: VegetariesKos

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Deur Vickie de Beer. Foto: Lee Schwagele en Charles Russel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tiemie-en-parmesaan-granola

  • ¼ k (60 ml) heuning
  • ¼ k (60 ml) bruinsuiker
  • ¼ k (60 ml) olyfolie
  • 1 k (250 ml) hawermout
  • ¼ k (125 ml) pampoensaad
  • ¼ k (125 ml) sonneblomsaad
  • ¼ k (125 ml) gevlokte amandels
  • ¼ k (60 ml) parmesaankaas, fyngerasper
  • 1 e (15 ml) vars tiemie, van die takkies gestroop

Pampoen

  • 2 klein pampoene, in groot skywe gesny en pitte verwyder
  • ½ k (125 ml) olyfolie
  • sout

Bruinbotter

  • 100 g botter, in blokkies gesny
  • ’n hand vol vars salieblare

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die heuning, suiker en olyfolie in ’n kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker gesmelt is.
  3. Sit die hawermout, pampoensaad, sonneblomsaad, amandels, parmesaankaas en tiemie in ’n mengbak. Gooi die heuningmengsel oor en meng goed.
  4. Sprei die granola-mengsel eweredig op ’n bakplaat uit en rooster vir sowat 10 min. of tot goudkleurig. Roer gereeld sodat dit eweredig kan rooster. Haal uit, laat afkoel en hou in ’n lugdigte houer.
  5. Pampoen: Pak die pampoenskywe in ’n diep oondpan en bedruip liggies met olyfolie. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
  6. Rooster die pampoen vir sowat 45 min. tot gaar en gekaramelliseer. Haal uit.
  7. Verhit die botter in ’n pan oor matige hitte tot die botter goudbruin verkleur en ’n neutgeur ontwikkel. Roer die salie by en trek van die hitte af.
  8. Strooi die granola oor die pampoenskywe en bedruip met die saliebotter.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: recipes

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

20 hours Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

21 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

22 hours Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

1 day Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

1 day Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.