Deur Vickie de Beer. Foto: Lee Schwagele en Charles Russel.
Genoeg vir 6.
Bestanddele
Tiemie-en-parmesaan-granola
- ¼ k (60 ml) heuning
- ¼ k (60 ml) bruinsuiker
- ¼ k (60 ml) olyfolie
- 1 k (250 ml) hawermout
- ¼ k (125 ml) pampoensaad
- ¼ k (125 ml) sonneblomsaad
- ¼ k (125 ml) gevlokte amandels
- ¼ k (60 ml) parmesaankaas, fyngerasper
- 1 e (15 ml) vars tiemie, van die takkies gestroop
Pampoen
- 2 klein pampoene, in groot skywe gesny en pitte verwyder
- ½ k (125 ml) olyfolie
- sout
Bruinbotter
- 100 g botter, in blokkies gesny
- ’n hand vol vars salieblare
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Verhit die heuning, suiker en olyfolie in ’n kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker gesmelt is.
- Sit die hawermout, pampoensaad, sonneblomsaad, amandels, parmesaankaas en tiemie in ’n mengbak. Gooi die heuningmengsel oor en meng goed.
- Sprei die granola-mengsel eweredig op ’n bakplaat uit en rooster vir sowat 10 min. of tot goudkleurig. Roer gereeld sodat dit eweredig kan rooster. Haal uit, laat afkoel en hou in ’n lugdigte houer.
- Pampoen: Pak die pampoenskywe in ’n diep oondpan en bedruip liggies met olyfolie. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
- Rooster die pampoen vir sowat 45 min. tot gaar en gekaramelliseer. Haal uit.
- Verhit die botter in ’n pan oor matige hitte tot die botter goudbruin verkleur en ’n neutgeur ontwikkel. Roer die salie by en trek van die hitte af.
- Strooi die granola oor die pampoenskywe en bedruip met die saliebotter.