Foto: Charles Russell
Genoeg vir 6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 2 kg heel plaashoender, by kamertemperatuur
• 250 g piekeluitjies, geskil
• 60 g sagte botter
• 30 ml (2 e) heuning
• 1 heel knoffelknol, oopgebreek
• 4-5 lourierblare
• klein handjie vol tiemie
• ½ lemoen, middeldeur gesny
• 30 ml (2 e) olyfolie
• sout en swartpeper
• 30 g botter, gesmelt
• hand vol koljander, gekap
• 10 ml (2 t) fyngekapte knoffel
• 15 ml (1 e) fyngerasperde gemmer,
• 5 ml (1 t) fyngekapte rooi brandrissie
• 30 ml (2 e) garam masala (of kerriepoeier)
• 30 ml (2 e) heuning
• 10 ml (2 t) sesamolie
1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit die hoender en piekeluitjies in ’n groot, diep oondpan.
2 Meng die 60 g botter en 30 ml heuning. Druk die heuningbotter versigtig onder die borsvel van die hoender in.
3 Geur die maagholte met sout en sit die heel knoffelhuisies, lourierblare, tiemie en lemoen daarin. Bind die beentjies van die hoender met kombuistou bymekaar. Smeer olyfolie oor die hoender en geur met sout en swartpeper.
4 Rooster vir 1 uur en 5 min.
5 Meng die botter, koljander, knoffel, gemmer, brandrissie, garam masala, heuning en sesamolie in ’n klein mengbakkie. Smeer die mengsel oor die hoender en rooster vir nog 20-25 min. of tot goudkleurig en gaar.
Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer
Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…
Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…
Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…
Deur Maretta Bellingan Foto's, hare en grimering: Willem Botha & Willem Botha Beauty …
Hierdie webwerf gebruik koekies.